Kry die lewe se uitdagings jou onder? Desire Gardner

Kry die lewe se uitdagings jou onder?

Elke keer wanneer die lewe haar wil–wil onderkry, besef DESIRÉ GARDNER opnuut hoe dapper sy eintlik is. Haar deurbrake gebeur wanneer sy prakties raak: opstaan, aangaan en oorgee.

Opstaan en aangaan is die beste medisyne. Dis daardie kuns om in die daaglikse verloop van die lewe op te staan en aan te gaan, al voel dit onmoontlik.

Elke keer wanneer daar melk en brood gekoop moes word, al wou my bene ingee, was ek dapper.

Elke geselsie met iemand in Pick n Pay wanneer ’n mens se hart eintlik ...

Elke keer wanneer die lewe haar wil–wil onderkry, besef DESIRÉ GARDNER opnuut hoe dapper sy eintlik is. Haar deurbrake gebeur wanneer sy prakties raak: opstaan, aangaan en oorgee.

Opstaan en aangaan is die beste medisyne. Dis daardie kuns om in die daaglikse verloop van die lewe op te staan en aan te gaan, al voel dit onmoontlik.

Elke keer wanneer daar melk en brood gekoop moes word, al wou my bene ingee, was ek dapper.

Elke geselsie met iemand in Pick n Pay wanneer ’n mens se hart eintlik wil breek, was ’n bewys dat daar tog ’n ystervrou hierbinne skuil.

Die dae wanneer daar play datesvir die kinders gereël is – wanneer ’n mens pizza maak en roomys inskep terwyl jy eintlik in ’n hoekie wil sit en huil – was ’n vorm van innerlike krag.

Die seer in die lewe het geleer dat ’n mens nie deur jou pyn beheer moet word nie …

Staan op, letterlik, kom aan die gang en raak prakties.

Draf het my antidepressant geword. Wanneer die hartseer ondraaglik was, het ek die drafskoene veter vir veter vasgemaak en gevoel “ekwil-nie-hierdie-doen-nie”.

Maar dan kom jy op die strand, sit die oorfone met musiek in jou ore … en iewers gebeur iets wonderlik.

’n Mens vergeet skoon waar jy is en hardloop jou kop skoon. Draf is steeds my heel beste terapie. Die vrystelling van goedvoelhormone in die proses, verrig beslis hulle taak.

‘n Positiewe ingesteldheid is nie altyd maklik nie, maar tog so belangrik …

Deesdae is die fokus op die mooi en goeie in elke dag, en daarom is dit presies wat ek raaksien.

Op pad werk toe is dit nie die spitsverkeer wat my oog vang nie, maar hoe mooi die berg vandag lyk. Dit is die voëls wat verbyvlieg wat my aandag trek.

Die res is steeds daar, maar die ingesteldheid hierbinne bepaal wat ’n mens daarbuite gaan raaksien.

Ek is steeds dieselfde mens. Iemand wat passievol liefhet, al is my hart gebroke. Iemand wat steeds hoop, al stel die lewe soms teleur.

Dis nooit lekker as dinge anders uitdraai as wat jy beplan het nie, maar die seer en teleurstellings het een belangrike les geleer: dit wat voel na rejection, is eintlik net ’n redirection..

Dis dapper om aan jou foute te skaaf al is dit nie altyd maklik nie …

Een van die dinge waaraan daar steeds geskaaf word, is hierdie waansinnige persepsie van beheer. Die idee dat ’n mens beheer het oor die lewe … en soms, soos in my geval, raak ’n mens ’n beheervraat.

In die daaglikse omgang met mense, is daar nie regtig beheer oor hulle opinies nie. Ek kan so gaaf, vriendelik en respekvol moontlik wees, maar die opinie wat ander vorm, is steeds buite ’n mens se beheer.

Ek hoor myself hierdie dinge sê en glo dit, maar dit bly ’n uitdaging om hierdie waarheid elke dag te leef.

Dit help darem om te weet dat dit nie ’n kwessie van “beheer verloor” is nie, maar eerder van “beheer oorgee” – en wat ’n bemagtigende gevoel is dit nie!

Deel die artikel

Méér artikels

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. Wees positief en sien die goeie ...

Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...

Scroll to Top