Leer-om-...-Jou-lewe-te-laat-sáák-maak_result

Leer om … Jou lewe te laat sáák maak

“Maak dat dit wat jy doen, en jou lewe, sáák maak,” sê Jannie Putter, Lynette Beer en ander aanbieders van die E–KURSUS Maak dat jou lewe sáák maak.

Passie sal jou aanspoor om sukses te behaal

God se meesterplan vra dat ons in ‘n verhouding met Hom leef. Hy wil ook hê ons moet in goeie verhoudings met ander saamleef.

Passie is ‘n baie sterk gevoel of emosie oor iets. Dit is die dryfkrag wat jou aanspoor om ...

“Maak dat dit wat jy doen, en jou lewe, sáák maak,” sê Jannie Putter, Lynette Beer en ander aanbieders van die E–KURSUS Maak dat jou lewe sáák maak.

Passie sal jou aanspoor om sukses te behaal

God se meesterplan vra dat ons in ‘n verhouding met Hom leef. Hy wil ook hê ons moet in goeie verhoudings met ander saamleef.

Passie is ‘n baie sterk gevoel of emosie oor iets. Dit is die dryfkrag wat jou aanspoor om sukses te behaal. Jy kan passievol wees oor enigiets, van foto’s neem tot bak en brou.

‘n Mens kan verskillende passies hê, en daarom het jy nie net een doel op aarde nie.

Met God aan jou kant kan jy jou droom uitleef. Jou hemelse Pa wil graag hê jy moet suksesvol en voorspoedig leef en jou volle potensiaal bereik.

Daar is ook een ding wat niemand anders het nie, en dit is jou perspektief. Dit kom net deur jare se ondervinding.

Ons gaan deur seisoene in ons lewe. Ons is nie aldag voorbereid op wat om en met ons gebeur nie. Ons swoeg en bloei soms deur seer, trauma, teleurstelling, mislukking of sommer net gevoelens van doodsheid.

Dit voel dalk vir jou of al die planne wat jy maak, skeefloop. Jy is so moedeloos dat jy eintlik nie eers meer probeer nie. Waar begin jy in elk geval met die berge dilemmas wat om jou lê? Is daar ‘n uitweg?

Om weer jou skeppende self te word, moet jy ‘n paar struikel-blokke oorkom. Dit kan ook emosionele kwessies wees.

Die groot genade in ons lewe is sigbaar as ons deur hierdie seisoene kan gaan en heel aan die ander kant uitkom. Die getuienis lê daarin dat ons vasgebyt het, en bereid was om aan te hou probeer.

Wees suksesvol deur uit jou gemaksone te beweeg

Dit is soms nodig om aan te pas by ‘n situasie, maar as dit so ver gaan dat jy ‘n masker moet opsit om in te pas, verloor jy elke keer ‘n stukkie van wie jy werklik is.

Onthou jy is ‘n individu met ‘n temperament, karakter en persoonlikheid. Jy leef nie toevallig vandag in hierdie land nie. Jy is ook nie ‘n fout, ‘n glips of ‘n probleem nie. Jy het ‘n doel op aarde, maar om dit te kan verwesenlik, moet jy eers jouself leer ken, vertrou en liefhê.

Wees wie jy geskape is om te wees. Streef jou eie drome na en hou op om jouself met ander te vergelyk. Kyk elke dag in die spieël en sê: “Ek is oukei. Ek is wie ek veronderstel is om te wees. Ek is ‘n wenner.”

Om ‘n goeie naam te hê, gaan uiteindelik vrugte afwerp. Van kleins af is ‘n mens besig om aan jou goeie naam te bou – dit wat ander van jou dink. Moenie probeer om ander te beïndruk, en sodoende nooit die ware jy ontdek nie.

In plaas van om te probeer perfek wees, moet ons leer daar is nie so iets nie. Ons is onvolmaak en vol sonde.

Kies om uit jou gemaksone te beweeg, en die lewe met passie aan te gryp. Joan Baez het gesê ‘n mens kan nie kies hoe jy gaan sterf nie, maar jy kan kies hoe jy gaan leef.

Deel die artikel

Méér artikels

Groei gebeur buite jou gemaksone. MARTELIZE BRINK, radio-aanbieder en kookboekskrywer, is al amper 35 jaar in ’n rolstoel, maar leef elke dag met oorgawe.

...

Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Scroll to Top