Leer om… regtig ’n nuwe mens te wees Lynette Beer

Leer om… regtig ’n nuwe mens te wees

“Dit is maklik om te sê jy is nuutgebore. Maar het jy regtig toegelaat dat God jou prioriteite nuut skryf?” vra Lynette Beer, aanbieder van die AANLYN KURSUS Kan ek regtig ’n nuwe mens wees? Hoe?

Dis maklik om te sê jy is ’n “nuutgebore kind” van God. Maar hoe antwoord jy dié toetsvraag: Het jy toegelaat dat God jou prioriteite herskryf? Nuwe mense kyk nuut na verhoudings en die wêreld om hulle.

Mense kán verander – eers innerlik en ...

“Dit is maklik om te sê jy is nuutgebore. Maar het jy regtig toegelaat dat God jou prioriteite nuut skryf?” vra Lynette Beer, aanbieder van die AANLYN KURSUS Kan ek regtig ’n nuwe mens wees? Hoe?

Dis maklik om te sê jy is ’n “nuutgebore kind” van God. Maar hoe antwoord jy dié toetsvraag: Het jy toegelaat dat God jou prioriteite herskryf? Nuwe mense kyk nuut na verhoudings en die wêreld om hulle.

Mense kán verander – eers innerlik en dan uiterlik

Die stand van jou hart skryf voor of jy ’n wrok koester of genadig is, selfbejammering soek, menslike ellende sal drink of genade wil proe.

Ons probeer die innerlike verander deur die uiterlike te verander. Maar reiniging is ’n innerlike taak en jy moet deur jou geloof van binne na buite verander.

’n Huisvrou worstel met depressie. Wat is die oplossing wat ’n welmenende vriendin voorstel? Koop ’n nuwe rok. Die gevolg? Sy voel vir ’n dag beter, maar dan kom die skaduwee terug.

Dit is ’n voorbeeld van die behandeling van die uiterlike terwyl die innerlike geïgnoreer word. Een ding is seker: Kosmetiese veranderings is net veldiep. ’n Mens se lewe verander net as jou hart verander.

Wat hou jou vas in jou ou leefstyl? 

Iemand sonder ’n toekomsverwagting sal voortdurend terugverwys na dinge wat in sy of haar verlede gebeur het.

Sulke mense het gewoonlik nie drome nie en hulle sien nie eens die pad raak wat so duidelik uitgelê is nie.

Judas het sy droom verloor en teruggekeer na sy ou gewoontes om geld te maak en mense te kul. Hy kies om Jesus te verraai. Petrus was gebroke nadat hy Jesus verloën het en keer terug na sy ou beroep.

Indien jy gefaal het as gevolg van ’n oordeelsfout of onreg deur iemand anders, kies vandag om dit te begrawe. Moenie weer en weer terugkeer om daardie graffie te besoek nie. Beweeg doelbewus vorentoe, in die rigting van jou droom.

Doen daagliks die teenoorgestelde van die wêreld 

Die dissipels het gestry oor wie van hulle die belangrikste was. Hulle moes leer dat die grootste persoon die een was wat bereid was om te dien.

Mense glo hulle moet probeer om bo uit te kom, maak nie saak wie hulle moet seermaak nie. Die Bybel leer ons dat ons geen ware vrede sal ervaar voordat ons nie verlos is van die drang om met ander te kompeteer nie.

Ons moet beslis ons beste lewer in ons werk. Daar is niks verkeerd daarmee dat ons goed wil doen en wil vorder in die beroep wat ons gekies het nie. Onthou egter dat die gelowige fokus op ewige bevordering en nie dié van mense nie.

Maak jou kop skoon van ou bekommernisse en vrese

’n Rekenaar het RAM of Random Access Memory waarmee hy moet somme maak. As jou RAM begin opraak, is dit tyd om jou rekenaar te formatteer of skoon te maak. Anders stuur jy op ’n ramp af.

Ons brein het ook ’n skoonmaak nodig! Ons laat die bekommernisse en doen-dinge ophoop, tot ons so oorweldig voel dat ons letterlik nie kop bo water kan hou nie.

Gebruik die gawe van diep asemhaling. Fokus vir ’n paar minute net hierop. Dit maak jou malende gedagtes stil sodat jy kan konsentreer op hemelse beloftes en geloofswaarhede.

Indien jy meer inhoud van Lynette Beer wil hê:
Artikels, Video’s en Oudio
#SkoolVanDieLewe-podsending

Deel die artikel

Méér artikels

Ek vra elke oggend dieselfde vraag: Kan my impak op die wêreld groter wees? Elke oggend is my antwoord ’n onomwonde: Ja! As my antwoord ...

“Emosionele intelligensie beteken eintlik net dat jy tussen die reëls kan lees. Jy weet wat om met wie te doen en wanneer om dit te ...

Scroll to Top