Maak-’n-verskil-aan-die-wêreld _result

Maak ’n verskil aan die wêreld 

“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.” (Matteus 5:13-16) 

Dit is ’n koue wintersoggend in Junie. Almal is van kop tot toon gepantser en reg vir die snerpende koue. Buite waai die ysige wind. Snoesig aangetrek sit ek in my motor by my kind se skool. Skielik merk ek hierdie seuntjie op met sy uitgerekte truitjie en kaalvoete. Ek wonder hoe is dit moontlik dat ’n ma haar kind in hierdie koue skool toe stuur sonder skoene. Die eintlike rede was egter, so moes ek hoor, dat hy glad nie skoene het nie.

Meteens onthou ek daardie teksvers wat sê: “Wat beteken sout as sout eers laf geword het?” Het jy al ooit gewonder wat daardie teksvers regtig beteken? Ons as kinders van die Here moet die sout vir hierdie wêreld wees. Ons moet daardie engele wees wat vir ’n seuntjie in die middel van die winter ’n paar skoene gee. Ons moet die engele wees wat uitreik na ons medemens met liefde en omgee. ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: ...

Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. (1 Johannes 3:11) Soms is ons geneig om ...

Scroll to Top