Serahni Symington

Moedig jou kind se unieke persoonlikheid aan 

Jou en jou kind se persoonlikhede verskil heeltemal. Onthou om die kind groot te maak wat jy het, nie die kind wat jy wou wees nie. 

Elke kind het ’n unieke identiteit 

Jou mooi ekstrovert-kindjie wat baie van lag hou, luidrugtig gesels en kuier, wil die heeltyd net êrens heengaan. Dit terwyl jy, introvert-mamma, eintlik net rustig by die huis wil bly ná ’n lang besige week.

Hoe jy op situasies in die huis reageer, is baiekeer ook hoe jou ouers sou reageer. Dr. Shefali Tsabary praat in haar boek, Conscious Parenting / Bewuste Ouerskap, oor hierdie inner child wat ons almal eintlik nog binne ons ronddra.

Terwyl jy jou kinders grootmaak, het jy amper nou weer hierdie inner child binne jou wat jy in die proses van ouerskap weer van vooraf moet grootmaak.

Ons almal het ons eie identiteit. Ons almal is verskillend. Ons persoonlikhede verskil en dit beteken ook jou kind s’n.

Ja, ons dra ’n bietjie van ons manier van doen aan hulle oor, maar hulle het steeds hulle eie unieke en spontane menswees binne ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Sal jou kind eerder honger gaan slaap as om kos te eet waarvan hy nie hou nie? Gelukkig is daar hoop vir sulke eiesinnigheid. Weet ...

As mamma en vrou hou ons die atmosfeer in die huis in ons hande en ons stemtoon vas. ’n Kalm ouer, het ’n groot uitwerking ...

Scroll to Top