Rhona Erasmus [Oudio+Video]

Moenie tyd op onbenullighede mors nie 

In ons gejaagde lewe moet ons versigtig met ons tyd omgaan. Beplan jou week en prioritiseer jou doelwitte, so sê Rhona Erasmus

Elkeen van ons is uniek aanmekaargesit. Ons het persoonlikhede en koester unieke drome. Ons moet seker maak dat ons nie ons kosbare tyd aan dinge bestee wat nie noodwendig bevorderlik vir onsself of ons doelwitte is nie.

Begin deur na die groter prentjie te kyk. Dit wat ek op ’n daaglikse basis doen, moet áltyd na een van my uiteindelike doelwitte toe werk.

As jy weet wat die groter prentjie is, kan jy vir jouself sekere doelwitte daarstel. Skryf dit neer en deel dit op in kleiner deeltjies. Dit is belangrik om elke klein mylpaal langs die pad te vier voordat jy aanbeweeg na die volgende een.

Prioritiseer jou doelwitte. Jy moet onderskei tussen wat noodsaaklik, dringend en belangrik is op enige gegewe tyd. Dit is belangrik om so ver moontlik jou take eweredig te versprei deur die hoeveelheid werksdae wat jy in ’n week het.

Beplan rus en ontspanning, wat tyd saam met jou man en kinders insluit, altyd heel ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Jong meisies word verkeerdelik groot met die idee dat as jy ander vroue se sukses vier, jy jouself van iets ontneem. Gun mekaar ’n plekkie ...

Ons moet ons drome met ons dade ondersteun. Solank ons nie onsself op die realiteit van geleenthede voorberei nie, sal sukses ons bly ontwyk. Jou ...

Scroll to Top