Motiveer jou man met jou woorde

Motiveer jou man met jou woorde

’n Geneul sal jou man nie verander nie. Verras hom eerder met ’n opregte kompliment of ’n woord van motivering. Frank Rautenbach en ander mans help jou met hierdie woorde wat elke man graag wil hoor (en lees)...

Woorde het mag. Woorde besit energie en kan mense help, heelmaak, seermaak, verneder en ophef.

Dit wat ander vir jou sê of jy vir hulle sê, affekteer jou direk. Spandeer maar tyd saam met ’n persoon wat gedurig negatief is en kyk hoe dit jou dreineer!

Gary Chapman gebruik ’n mooi beeld in sy boek Love as a Way of Life. Hy sê woorde kan koeëls of saad wees.

Wanneer ons woorde op mekaar afvuur soos koeëls, gevul met oordeel en beterweterigheid, sal ons verhoudings ’n knou kry.

Gebruik ons dit as saad, gevul met die beste bedoelings, is dit makliker om ’n verhouding te laat blom.

Ons ken almal die Bybelse gesegde: Wat jy saai, sal jy maai. Wanneer ons slegte dinge kwytraak, wonder ons hoekom ons lewens nie in plek val nie. Ons oes maar net die woorde wat gesaai ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!