My onmiddellik aanvaarding van my kind se dood”

My onmiddellik aanvaarding van my kind se dood

’n Kind wat sterf – maak nie saak op watter ouderdom nie – is die ergste ding wat met ’n ouer kan gebeur, maar vir RIA ERASMUS het daar onmiddellik genesing gekom.

Die pyn van ‘n kind afstaan aan die dood

My man het die skoknuus by die werk kom gee. Bertie, ons seun, het in ’n motorongeluk gesterf.

Dit kon nie wees nie, het ek gedink. Hulle het ’n fout gemaak. Sy hele lewe het dan nog voorgelê. Hy sou oor ’n maand sy 22ste verjaarsdag ...

’n Kind wat sterf – maak nie saak op watter ouderdom nie – is die ergste ding wat met ’n ouer kan gebeur, maar vir RIA ERASMUS het daar onmiddellik genesing gekom.

Die pyn van ‘n kind afstaan aan die dood

My man het die skoknuus by die werk kom gee. Bertie, ons seun, het in ’n motorongeluk gesterf.

Dit kon nie wees nie, het ek gedink. Hulle het ’n fout gemaak. Sy hele lewe het dan nog voorgelê. Hy sou oor ’n maand sy 22ste verjaarsdag vier. Hy was nog ’n kind. Bloedjonk. Vol drome en planne.

In daardie verskriklike oomblikke was my eerste reaksie om my oë toe te maak en uit te roep: “Here, U moet kom help. Ek kan nie sonder U nie!”

My hart was oopgeruk; ek kon nie anders as om oop, eerlik en totaal weerloos voor Hom te staan nie.

Dit sou nie help om voor te gee nie. Die nuus was hartverskeurend pynlik, en daar was nie ’n manier hoe ek ons kind se dood sou kon aanvaar – wat nog te sê verwerk – sonder Sy hulp nie.

Terwyl ons nog so staan, gebeur daar skielik ’n wonderlike, buitengewone ding. Dit het gevoel asof warm heuning oor my loop. Van kop tot tone.

Hierdie gewaarwording het iets wonderliks teweeggebring.

Mense sê dinge soos dat dit blote wensdenkery is, maar dit was eg. Die ware Jakob. Dit het my onmiddellik aanvaarding van my kind se dood gegee.

’n Vrede en kalmte wat alle verstand te bowe gaan. Hemelse vrede en kalmte.

Vind genesing en vrede nadat jou kind sterf

Baie mense het gesê dit was ontkenning, maar dit was glad nie die geval nie: Die Here hét my al klaar genees!

Fisiek gesproke maak dit nie sin nie, maar geestelik was dit ’n absolute werklikheid. Die beste van alles is, dis vandag steeds só.

Hoe het dit gebeur? Niemand van ons het al die antwoorde nie, en elkeen ervaar dinge anders, maar in my geval was dit asof daar ’n kanaal tussen my en die Here oopgegaan het die oomblik toe ek Hom in openlike eerlikheid aangeroep het.

Ek kon aan niks anders dink as om myself, en my smart, totaal en al aan my hemelse Pa oor te gee nie. Toe kom die heelwording …

Daar is vrede in ons hart, want al is hy nie meer hier nie, gaan ons hom eendag weer sien.

Ma’s wie se kinders oorsee is, sal weet hoe dit voel: Jy verlang jou dood, maar daar is hoop, want jy weet julle sal mekaar weer sien. Dit is net ’n tydelike skeiding.

En dít is ons troos – ’n sekerheid wat soos warm heuning om ons vou. Hierdie is nie die einde nie.

Daar wag ’n blye ontmoeting eendag in die hemel. Dan sal die trane vir altyd afgedroog wees en sal daar geen pyn meer wees nie. Wat ’n heerlike vooruitsig!

Deel die artikel

Méér artikels

Nadat CARIN DE JAGER al haar gastehuiswerkers na veiligheid gestuur het, is sy deur vlamme omring. ’n Verlammende vrees het haar oorweldig. Vandag weet sy ...

Sangeres STELLA, wat soms vroualleen op ’n plaas is, vertel hoe sy vrees gebruik om haar gedagtes eerder op God se beloftes te fokus. Met ...

Scroll to Top