’n Christen … en trots daarop!

’n Christen … en trots daarop!

Die sangeres CHARLIZE BERG is passievol lief vir die Here, maar ’n stukkie naïwiteit het haar amper van haar vryheid in Christus beroof.

Van kleins af passievol lief vir God

Die internet is ’n gevaarlike plek, het ek op die harde manier geleer.

Op die oog af het alles heeltemal Christelik gelyk. Ons het in ’n gewone, Christelike huis grootgeword. Van kleins af al was ek passievol lief vir die Here.

My pa, Petrus, het baie daarmee te doen gehad. Hy is ’n diep ...

Die sangeres CHARLIZE BERG is passievol lief vir die Here, maar ’n stukkie naïwiteit het haar amper van haar vryheid in Christus beroof.

Van kleins af passievol lief vir God

Die internet is ’n gevaarlike plek, het ek op die harde manier geleer.

Op die oog af het alles heeltemal Christelik gelyk. Ons het in ’n gewone, Christelike huis grootgeword. Van kleins af al was ek passievol lief vir die Here.

My pa, Petrus, het baie daarmee te doen gehad. Hy is ’n diep geestelike man. Ek onthou nog hoe hierdie groot, frisgeboude Boerseun saans ná werk langs ons beddens gekniel het.

Om te bid en kerk toe te gaan, was so deel van my soos asemhaal.

Sang is die ander groot liefde in my lewe. Van kleins af was ek mal daaroor om in die bad te sing.

My ouers was ook baie lief vir musiek; ons het na alle genres geluister. Van klassiek tot Abba, Madonna en selfs die rock-metalgroep Meatloaf.

Toe ek 12 was, het my ma-hulle vir die eerste keer besef hoe lief ek vir sing is.

Van daar af het my ouers alles in hulle vermoë gedoen om my sangdrome te ondersteun.

Die Here het my met ’n ongelooflike ondersteuningsnetwerk geseën, en deure het al vroeg-vroeg vir my oopgegaan.

Ná ’n hele paar talentkompetisies en optredes het ek my eerste platekontrak op 17 gekry.

Later het die platemaatskappy vir my en my ouers die geleentheid gebied om Los Angeles toe te gaan.

Ek was verskriklik opgewonde en het vas geglo dit is deel van Sy groot plan met my lewe. Maar ná ’n paar maande het ons agtergekom dis nie so maklik nie.

Vry om die Here voluit te dien

Om jou in die Amerikaanse musiekbedryf te vestig, moet jy permanent daar bly en groei as kunstenaar.

Hierdie plek, en sy manier van doen, was nie vir my nie.

Ek het nog baie gehad om te leer. As jy jonk en naïef is, besef jy nie hoe belangrik dit is om goeie oordeel en geestelike onderskeidingsvermoë te hê nie.

Omdat ek so ’n sensitiewe kunstenaarsiel het – en maklik beïnvloed word – het ek nie die gevaarligte gesien nie. Die bediening op die internet was nie alles wat dit voorgegee het om te wees nie.

Ek het aanlyn aangesluit en sommer ’n hele klomp ander lede as Facebook-vriende bygekry. Fantasties! Ons is soos een groot familie, het ek opgewonde gedink.

Die mense was baie vriendelik. Dit het nie lank gevat voor ons almal geglo het dat alles wat Christelik is, verkeerd is nie. Dit het my grootste begeerte geword om Joods te wees.

Tussendeur al die geestelike waarhede was daar nuanses van valsheid.

Wat ’n skok om te besef waarby ek betrokke geraak het! Ek het verskriklik gehuil en oor en oor vir die Here, en vir my familie en vriende, jammer gesê.

Ek het ook geleer dat my saligmaking nie afhang van my voorkoms, wat ek eet, wat ek vier of watter Godsname ek gebruik nie. Hy kyk na jou hart.

Dit voel asof daar ’n enorme las van my skouers af is. Ek voel weer vry om die Here voluit te dien. Ek is Charlize Berg, ’n Christen … en trots daarop!

Deel die artikel

Méér artikels

Sy skitter in die kollig, maar SASHA–LEE DAVIDS is in haar wese eintlik skaam en teruggetrokke. Sy moes leer om vrede te maak met wie ...

Klein, slim en bekkig. Dís hoe mense vir ELOISE CUPIDO leer ken het. Sy is ’n voorbeeld van hoe om met selfvertroue vol en uitbundig ...

Scroll to Top