Ek is gelukkig met wie ek is

Ek is gelukkig met wie ek is

Met een voet in die akademie en die ander in die skoonheidsbedryf het dit KARIEN HENRICO ’n tydjie geneem om gelukkig te wees met presies wie sy is.

Jy moet tevrede wees met wie jy is

Die stereotipering in die skoonheidsbedryf is erg. Mense plaas jou so vinnig in ’n kassie.

Dit is só onregverdig om net aan te neem dat iemand wat van uiterlike skoonheid ’n beroep gemaak het, niks tussen die ore het nie.

Vandag is ek die enigste persoon in die land wat ’n doktorsgraad in somatologie verwerf het. Ek is baie trots daarop, want dit gee aan my kredietwaardigheid wanneer mense met opgetrekte wenkbroue na my luister.

Dit help my ook om myself te definieer. Al is daardie sertifikaat eintlik net ’n stukkie papier (waarvoor ek baie hard gewerk het), verleen dit soveel gewig aan my woorde, glo mense my as ek praat.

Elke lewenservaring dra by tot wie jy is. Die geboorte van my tweeling is ’n nuwe lagie menswees wat op my kom lê het: die een van ma. Vir die wêreld ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

LYNETTE BEER, een van Suid-Afrika se mees inspirerende motiveringsprekers, gesels oor haar pad na sukses en die opofferings waarvan niemand weet nie. Vir baie jare ...

Die TV-aanbieder en komediant ALVIN BRUINDERS word veral onthou vir die komedie-reeks Vetkoekpaleis. Hy gesels oor terugslae en ook sy positiewe uitkyk op die lewe. ...

Scroll to Top