Geopende Deure is ’n internasionale, nie-winsgewende organisasie wat bystand lewer aan sowat 365 miljoen Christene in meer as 70 lande reg oor die wêreld wat weens hul geloof vervolg word.
’n Groot toename in vervolging veroorsaak groot rede tot kommer
Vervolging vind plaas wanneer gelowiges die beskerming van godsdiensvryheid ontsê word, Christenskap verhinder word deur wetlike of sosiale bedreigings, en gelowiges fisiek aangeval of vermoor word vanweë hul geloof.
Dikwels word hulle gedwing om hul werk of huis te verlaat as gevolg van gewelddadige dreigemente, of in die tronk gegooi omdat hulle weier om hul geloof te verraai.
Geopende Deure se jaarlikse Wêreldwaarnemingslys (WWL), wat nou in sy 31ste jaar is, wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat hulle elke dag in die gesig staar.
In hierdie wêreldwye opname wys die algehele tendens dat die vervolging teen ʼn kommerwekkende tempo reg oor die wêreld toeneem, veral in Afrika.
Vanjaar is die hoogste vlakke ooit aangeteken en dit het die afgelope paar jaar ʼn bestendige toename getoon.
Raak vandag nog betrokke. Kontak Geopende Deure om te sien wat jy kan doen om onderdrukte gelowiges se lewens beter te maak. opendoors.org.zaJy kan help
Christene betaal ’n ongelooflike hoë prys vir hulle geloof
Meer as 365 miljoen Christene staar uiterste of baie hoë vlakke van vervolging en diskriminasie in die gesig – ʼn styging van laasjaar se syfer van 360 miljoen.
Hulle verduur vervolging in die vorm van vervreemding, ontworteling, ondervraging, inhegtenisname en selfs soms die dood vir hulle geloof.
Dié syfer verteenwoordig een uit elke sewe Christene wêreldwyd – op vanaf een uit elke agt drie jaar gelede.
In die WWL top 50 lande alleen word 317 miljoen gelowiges benadeel.
Oor die afgelope 31 jaar het die aantal lande waar hoë vlakke van vervolging en diskriminasie voorkom amper verdubbel vanaf 40 lande in 1993 tot 78 lande in 2024.
Raak betrokke en bring hoop vir ander gelowiges
Geopende Deure se projekte sluit in die lewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, sosio-ekonomiese ontwikkeling, noodleniging, die ontwikkeling van lewensvaardighede, leierskap- en geletterdheidsopleiding, en die bevordering van bewustheid deur voorspraak.
Jy kan ook hoop en bemoediging bring deur by Geopende Deure betrokke te raak.
Jou ondersteuning kan hulle help om sterk te staan te midde van vervolging!
Jy kan help. Raak vandag nog betrokke. Kontak Geopende Deure om te sien wat jy kan doen om onderdrukte gelowiges se lewens beter te maak. opendoors.org.za