Lizette van der Westhuizen (44), bestuurder, het 9 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor …
Een Saterdagmiddag in die motor is my oudste, Denielle, in beheer van die musiek. In ’n stadium sê sy: “Mamma, dié liedjie is vir Mamma.”
Toe die note begin, hoor ek dis Celine Dion se “I’m Alive”.
Sjoe… ek het net daar begin tjank. Partykeer kyk ons kinders veel dieper as wat ons besef.
As ma probeer ’n mens altyd jou hartseer en vrese wegsteek. En wanneer jy ’n nuwe pad aandurf, dink jy niemand sien die hoop en nuut begin raak nie. Maar my dogters hét, en die liedjie se refrein het dit perfek opgesom: My vuisvoos hart en middeljarige lyf “leef” weer!
Ek het besef ons almal het dinge uit die verlede waaroor ons wroeg. Dis selfs oukei om soms nie oukei te voel nie. Maar dis belangrik om nie in daardie hartseer vasgevang te bly nie.
Al ploeter ek nie meer rond in slegte herinneringe nie, dink ek soms met ’n glimlag terug aan die goeie tye. Maar ek kyk veral vorentoe en fokus om die lewe – en al die lekkertes van die hier en nou – ten volle saam met my meisiekinders, my grootste ondersteuners, te geniet.
Die Nuwe jy-program word geborg deur
SLENDER WONDER – ‘n mediese gewigsverliesprogram
Vir meer inligting oor
Nuwe jy se jaarlikse 60 dae-uitdaging (Februarie en Maart),
kliek op nuwejy.co.za/60-dae-uitdaging.