Om viool te speel in Afrikaans!

Om viool te speel in Afrikaans!

SCHEPPEL – die boerseun met die lang hare en viool. Op sy unieke manier gee hy nuwe lewe aan Afrikaanse treffers.

In my gesin het ons musiek gemaak en rugby gespeel. Musiekmaak is ’n familieding. My ma en ouma was albei kerkorreliste, en op vyfjarige ouderdom was musieklesse ons voorland.

En toe neem my ma-hulle ons na ’n Bles Bridges-konsert ... Ek was nog ’n klein seuntjie.

Ek onthou die manier waarop hy gesing en met die mense gepraat het. Hoe hy sy baadjie uitgetrek het en die gehoor ...

SCHEPPEL – die boerseun met die lang hare en viool. Op sy unieke manier gee hy nuwe lewe aan Afrikaanse treffers.

In my gesin het ons musiek gemaak en rugby gespeel. Musiekmaak is ’n familieding. My ma en ouma was albei kerkorreliste, en op vyfjarige ouderdom was musieklesse ons voorland.

En toe neem my ma-hulle ons na ’n Bles Bridges-konsert … Ek was nog ’n klein seuntjie.

Ek onthou die manier waarop hy gesing en met die mense gepraat het. Hoe hy sy baadjie uitgetrek het en die gehoor in sy wêreld ingetrek het. Daar en dan het ek besluit dat ek eendag dieselfde wil doen.

Vioolspel is deel van my menswees – my hele samestelling. Konserte, musiek-eksamens, klankdigte kamers en Franse orkeste was deel van my grootwordjare. Op die ouderdom van tien het ek elke dag ses uur lank geoefen.

Dit alles het my gehelp om my instrument te verstaan en ’n liefde te kweek vir die taal wat my viool praat. Aan die begin van my hoërskoolloopbaan het ek vioolspel in Oostenryk gaan studeer.

Hoewel ek op eie bodem winterskole bygewoon het, was dit oorsee ’n ander storie! Die kompetisie was fel.

My wêreldreise het my dapperheid en deursettingsvermoë geleer. Oorsee het kinders die helfte my ouderdom my sommer die grond in gespeel! Daar het ek geleer dat opgee nie ’n opsie is nie en dat ek elke uitdaging moet aangryp.

Met harde werk en ’n bietjie geluk kan jy egter ver kom. Sir Rick Wakeman het my toevallig in 2016 op Twitter ontdek. Hy was die vervaardiger van die Vivaldi Metal Project – ’n internasionale simfoniese rockgroep. Saam met 20 van die wêreld se grootste kunstenaars het ons behoorlik ge-rock!

Die lekkerte om musiek te maak in my moedertaal

Afrikaans is ’n onlosmaaklike deel van wie ek is. Dit het nie saak gemaak waar in die wêreld ek was nie, my land het my teruggeroep.

Dis hier waar ek in my taal kan bid, musiek maak en braaivleis eet. Die taal is net so veelsydig soos sy mense – eg en eerlik, nes my ouma se gehekelde doilies.

Wat kan ek sê: Die lewe is te kort vir nagemaakte botter of mense. Met my terugkeer, was ek ook aangenaam verras met die nuwe Afrikaanse musieklandskap!

Wat ’n lekkerte om my brood in my moedertaal te verdien. Ek sal nooit die mense se

gesiguitdrukkings vergeet toe ek met my lang hare, Boerboel-broekie en vellies op die verhoog verskyn met my viool in die hand nie!

Die waardering en nostalgie in hulle oë wanneer ek bekende gunstelinge van Coenie de Villiers en Laurika Rauch speel, motiveer my om aan te hou.

Ek wil die hele land plat toer en weer konsert voor groot gehore hou, soos in die ou dae!

Dis tyd om herinneringe in my geboorteland te maak. Op my album Scheppel Afrikaans speel ek nuwerwetse Afrikaanse treffers soos onder meer Appel se “Dorp toe”, Francois van Coke se “Toe vind ek jou” en iets van Demi Lee Moore!

Dis vir my ’n wonderlike voorreg om die grense te skuif en die status quo uit te daag met my viool.

Wanneer dit by my musiek kom, wil ek nie noodwendig die beste wees nie – eerder die beste in dít wat my uniek maak.

Deel die artikel

Méér artikels

CHANTEL STRUWIG werk hard om die beste weergawe van haarself te wees en sodoende lewens te verander. Sy gebruik sosiale media om vroue te motiveer. ...

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste ...

Scroll to Top