Ons tweede baba het ’n doodsvonnis gekry

Ons tweede baba het ’n doodsvonnis gekry

Lewe en dood. Dit gaan hand aan hande. Uit die lyding en seerkry word daar egter ’n lewende geskenk gegee – hoop. Die verlange lê vlak, maar daar is die wete dat God se hand in alles is. 

Enkele oomblikke tevore was Esti se ogies nog helder wakker. Ek het haar gevoed, gebad, haar fluweelsagte asempie teen my wang gevoel. Sy was perfek, behalwe vir haar hartjie.

Die verwagting wat ons van ons tweede meisiekind gehad het, was onbeskryflik groot. Toe ek twintig weke swanger was, het die dokter opgemerk dat Esti ’n baie ernstige graad van hipoplastiese linkerhartsindroom (HLHS) het. Hy het aanbeveel dat ons die swangerskap beëindig.

Hoe kon ons? ’n Paar maande tevore is ons eerste dogtertjie, Anika, met spina bifida gebore.

“Haar rugmurg steek deur haar werwels en dit het haar senuwees beskadig,” verduidelik die dokter. “Sy sal nie kan rol, sit, kruip, staan of loop nie. En sy gaan intellektueel agter wees.”

Hoe kan dit wees? Toegedraai in haar pienk kombersie lyk sy so perfek – die engeltjie vir wie ons so lank gewag het.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dit het baie introspeksie en tyd geneem om te aanvaar dat Hy ’n plan het met elke mens se lewe en dat jy daarin moet ...

“Ons is hier op aarde om God te dien”, het my ma my van kleins af geleer. “Jy moet goed wees vir ander, maar jy ...

Scroll to Top