[OUDIO] Emosies is die sondebok van ons kosdrange
- Nuwe jy [Oudio]
- Antonette Grant, dieetkundige
Belustigheid (cravings) is die diepe begeerte of drang om iets spesifiek te eet. Dit is belangrik om te weet dat lus en honger nie dieselfde ding is nie.
Honger is fisiologies van aard. Jou bloedsuiker daal omdat jy lanklaas geëet het. Jou maag grom en jy voel jy is gereed om te eet. ’n Oorweldigende lus is iets anders.
Dit kan jou oorval, al het jy sopas geëet. Dit is in werklikheid jou brein wat ’n noodsein uitstuur vir “goedvoel-hormone” om jou beter te laat voel.
Heelwat teorieë bestaan oor hoekom ons lus raak vir kos, maar daar is nie voldoende bewyse vir almal nie. Een is dat die liggaam sekere voedingstowwe benodig wat ons in ’n spesifieke produk sal kry.
Nog ’n teorie is dat mense wat hulle diëte beperk en hulleself gereeld uithonger, meer geneig is om lus te raak vir ongesonde kosse. Mense wat ontbyt oorslaan of min deur die dag eet, raak ook dikwels lus vir ’n soetigheidjie ná aandete.
Die geloofwaardigste bevinding is dat sekere kosse ’n uitwerking op spesifieke dele van ons brein het. Dié kosse kan ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Ons almal weet dat porsiegrootte baie belangrik is. Presies hoe groot moet die verskillende porsies elke maaltyd op my bord wees?
...Danelle Dreyer, eienaar van ’n gesondheidskliniek en finalis van die realiteitsreeks Ster-Status
Eet meer gereeld om gewig te verloor. As jy dit daaglikse deurvoer, is dit moontlik om gewig te verloor. En belangriker, ’n goeie gewig in ...
Jana Fischer
Ons werk as gelowiges is om dissipels op aarde bymekaar te maak. Deur die regte dissipline maak ons kinders groot met Jesus in hulle harte. ...