[OUDIO] Kennis oor velsorg is die sleutel tot ’n gesonde vel

’n Gesonde, stralende vel begin nie by duur produkte of grimering nie, maar by die regte kennis oor jou vel. Met goeie velsorg, professionele advies en ’n plan kan jy jou vel op enige ouderdom beter versorg.

’n Gesonde vel weerkaats lig. Dit gloei net op die mooiste manier. ’n Vel wat nie lae grimering nodig het nie, is ’n gelukkige vel. Daardie vrou wat met selfvertroue vinnig winkel toe kan gaan met slegs ’n gekleurde sonskerm en maskara aan … Sy kry al die komplimente.

Haar liefde vir haar vel straal uit haar uit. Dit is tog wat elke vrou van haar volgende velsorg-afspraak wil hê. Met die tegnologie en mediese velsorg wat vandag beskikbaar is, kan wondere inderdaad verrig word. Doen net goeie navorsing sodat jy in die regte hande beland.

Begin deur ’n ervare dermatoloog te gaan sien sodat daar ’n deeglike velkonsultasie gedoen kan word. Dié dokter sal dan ’n diagnose maak. Soms loop mense vir jare met ’n velprobleem wat totaal verkeerd behandel word.

Besluit wat jou doel is, en wat jy wil bereik. Stel ’n begroting saam voor jy met jou dermatoloog of terapeut gaan praat. Dit is belangrik om alles volledig te bespreek en dan ’n plan van aksie uit te werk.

Deel die oudio
Scroll to Top