Dit is ’n uitdaging om stygende pryse te absorbeer en jou begroting te laat klop. Gelukkig is daar maniere om jou geld beter te bestuur as dit broekskeur gaan.
In plaas van om in sak en as te gaan sit, raak eerder prakties. Wees verantwoordelik vir dit wat jy kan beheer en bestuur dit so goed moontlik. Dinge soos die goudprys en die wisselkoers kan jy nie beheer nie. Moet dus nie toelaat dat dit jou snags laat wakker lê nie. Dink eerder aan maniere om jou sente om te draai.