Ek en jy het ’n goeie kans om baie oud te word, want talle mense leef vandag tot in hulle tagtigs. Begin sommer vandag om geld weg te sit vir mediese uitgawes vir eendag…
Dis doodgewoon waar dat die uitwerking van tegnologie beteken ons gaan baie langer leef, maar nie noodwendig gesonder nie. Wanneer jy met ouer mense praat, veral diegene in hulle sestigs en sewentigs, kom jy agter die grootste gedeelte van hulle geld word maandeliks aan mediese uitgawes bestee. Dis daarom belangrik om vroegtydig hiervoor voorsiening te begin maak.