[OUDIO]  Vind die positiewe in negatiewe ervarings

Die grootste uitdagings in die lewe kan jou met lesse van onskatbare waarde seën. Om die positiewe te vind, is belangriker as die sukses daarna.

Die ironie van die lewe is dat ons grootste lesse soms wonderbaarlik as struikelblokke vermom is. Die dinge wat jou hart breek, maak dikwels jou oë oop.

Die keuses wat ons maak, bepaal ons ervarings later in die lewe. ’n Pa het twee seuns. Een kies byvoorbeeld om tyd saam met sy pa te spandeer wanneer hy in die motorhuis aan die karre werk. Dié seun bou kennis op oor hoe om sy eie motor eendag in stand te hou.

Wanneer sy motor langs die pad gaan staan, weet hy waar om vir die fout te begin soek. Die ander seun toon nie belangstelling in die kennis wat sy pa aan hom wil oordra nie. Wanneer sy motor probleme gee, moet hy langs die pad staan en wag tot iemand hom kom help.

Geloof werk ook so. Wanneer ons meer tyd saam met ons Hemelse Vader spandeer, leer ons meer. Ons raak wyser. Ons kan makliker ons geloofslesse gebruik om die ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Lewenskoste styg vinnig en ons moet almal die gordels stywer trek. Jy kan nie jou uitgawes verminder as jy nie weet hoeveel en waarop jy ...

Ons bly soms stilstaan by wie ons was. Ons laat ons nie toe om te groei nie. Maar soos die tyd verbygaan en ’n mens ...

Dit is belangrik om vas te stel wat die effek van inflammasie spesifiek op jóú gesondheid en gewig is. Sodoende kan jy jou dieet en ...

Scroll to Top