
Rooibos-en-peer-hawermout
10 min. + gaarmaak: 15 min.
2 mense
1 k rooibostee
1 k onversoete amandelmelk
1 k gerolde hawermout
½ t sout
½ t kaneel
1 t amandelneutbotter, hoogvol
1 e vanieljegeursel
1 e karamelgeursel
1 e rou heuning
1 blikkie ingelegde pere, gedreineer
- Plaas die teesakkie in ’n koppie warm water; laat afkoel.
- Gebruik ’n medium kastrol, voorberei met kleefsproei.
- Verhit die amandelmelk oor matige hitte tot ongeveer dieselfde temperatuur as die rooibostee. Voeg die tee en die hawermout by die melk terwyl dit heeltyd geroer word.
- Voeg dan die sout, kaneel, amandelneutbotter, geursels en heuning by.
- Roer goed en voeg die pere by. Roer gereeld om te verhoed dat dit brand.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Voorbereiding: 1½ uur 1 groot gladdejantjie 90 ml eierwit (3 eierwitte) 150 ml onversoete amandelmelk ’n knippie sout 1 t karamelgeursel 1 t kakao, opgehoop ...
15 min. + baktyd: 25-30 min. 1 groot poeding Vir die krummelkors 250 g amandelmeel 2 e rou heuning 1 e water 1 t sout ...

Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!