10 min. + gaarmaak: 15 min.  

2-4 mense 

1 sny 100% rogbrood  

200 g langsteelbroccoli  

200 g rosa-tamaties  

100 g babaspinasie  

15 g wilde roket  

2 Clemengold™ nartjies  

80 g granaatpitte  

1 t Oryx-woestynsout  

1 t growwe swartpeper  

Slaaisous  

2 e olyfolie  

1 e geroomde heuning  

2 t karamelgeursel  

2 t balsemiekasyn 

  1. Stel die oond op 200 °C.  
  1. Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei.  
  1. Spoel die broccoli af en sny die brood in blokkies.  
  1. Rangskik op bakplaat en besprinkel met olyfolie. Voeg sout en swartpeper by na smaak.  
  1. Plaas in oond en bak 10–15 minute totdat die brood en broccoli bros is.  
  1. Haal uit oond en laat afkoel.  
  1. Plaas die slaaibestanddele in ’n bak: tamaties, spinasie, roket en broccoli.  
  1. Sny nartjies in wiele, plaas bo-op, en rond af met rogbroodblokkies, granaatpitte en growwe swartpeper. 
  1. Meng slaaisous en giet oor net voor opdiening.