
Skep ’n wegkomkans vir julle twee
- Gelukkig getroud
- Marli Swanepoel
As die motor ’n diens nodig het, dink ons nie twee keer nie, maar as dit by ons huwelik kom, is ons suinig. Maak tyd vir net julle twee.
’n Wegbreek saam met jou huweliksmaat is baie waardevol
Die vonke spat net as julle verskil, nooit meer tussen die lakens nie. Julle praat oor alles maar nie oor hartsake nie. Julle het dalk tyd alleen nodig. Nie weg van mekaar nie, maar juis saam sodat julle kan uitkom by dit wat te lank verwaarloos is.
’n Maandelikse wegbreek is baie waardevol. Beplan vooruit en bespreek en betaal klaar daarvoor, sodat niks dit kan keer nie.
Vrydag sit woema in jou sekslewe. Volg Lorette Dye se raad vir ’n onvergeetlike aand. Sorg dat niks julle gaan onderbreek nie. Hou masseerolie byderhand en gooi ’n skoon handdoek oor die bed. Maak seker dat julle in ’n liefdevolle en toegeneë bui is. Stort saam of neem ’n heerlike skuimbad. Nooi mekaar dan met ’n glimlag na die voorbereide bed toe.
Raak jou maat se gesig saggies aan en streel sy hare. Beweeg daarna stadig ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Lyk jou man ’n bietjie “af” die laaste tyd? Kyk hoeveel jou woorde van waardering doen om die beste in hom na vore te bring. ...
Klein jakkalsies begin meteens oral kop uitsteek. Selfs die manier waarop hy sy koffie in die oggend afsluk, kan jou grensloos irriteer. Hoekom nou skielik? ...