ATKV-Buffelspoort is ’n gewilde bosveld-vakansiebestemming in die Magaliesberge. Ontspan slegs ’n klipgooi weg van die wêreldbekende Sun City en minder as ’n uur se ry van Pretoria en Johannesburg af.
’n Gewilde vakansiebestemming in die bosveld, net buite die stad
Dié oord is perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede, en spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite soos wipmatte, putt-putt, ’n waterglybaan, vlugbal, muurbal en nog vele meer.
Daar is verskillende soorte selfsorgverblyfopsies om van te kies en te keur soos die rondawels, Magalies-villas, asook ’n verskeidenheid woonstelle.
Benewens die 4-bedtenthuise het hierdie oase in die Magaliesberge ook ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome, of geplaveide staanplekke met skadunette, kragpunte en ’n braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiegeriewe is ook beskikbaar.
Hierdie juweel is ook die ideale basis vanwaar jy die magdom toeristeattraksies in die omgewing kan verken en het iets vir oud en jonk om te geniet.
Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.
Bespreek ’n wegbreek vir jou gesin. Haal jou baaikostuum uit die kas, haak die woonwa en kom span uit by ATKV-Buffelspoort. Besoek buffelspoort.co.za vir meer inligting of hou die promosieblad dop vir die nuutste sakpas-aanbiedinge.Ontsnap uit die stad
Een van die beste kampplekke in die land
ATKV-Buffelspoort is een van die koelste kampplekke in die kontrei en spog vanjaar met ’n eerste plek (platinum-toekenning) vir gunstelingnaweekwegbreek, sowel as ’n tweede plek, naas ATKV-Klein-Kariba (goue toekenning) in die kategorie familiewegbreek en gunstelingkampeerstaanplek.
Danksy elkeen wat gereeld ’n draai by dié pragoord kom maak, is dit een van die mees gesogte vakansiebestemmings in Suid-Afrika!
As jy ’n ruskans kort, en op soek is na ware bosveldgasvryheid, is dit net die plek vir jou.
’n Wegbreek wat die hele gesin terdeë sal geniet
Buffelspoort beskik oor ’n verskeidenheid verblyfopsies.
Omdat jy boonop per eenheid betaal en nie per persoon nie, is die besparing groot.
Die oord spog tydens vakansies met ’n propvol, aksiebelaaide vermaakprogram.
Boonop kan water-entoesiaste uitsien na van warm onderdak- en buiteswembaddens, koue buiteswembaddens en borrelbaddens tot ’n waterwurm en wipmatte. Kom geniet ook ’n potjie snoeker en potspel, gholf en selfs tennis!
Hartbeespoortdam is ook ’n gewilde toeristebestemming in Noordwes.
Dis bekend vir sy pragtige natuurskoon en buitelugaktiwiteite soos bootry, stap en voëlkyk. Die area is ook die tuiste van sommige van die beste restaurante in die provinsie.
Kom span uit by ATKV-Buffelspoort! Bespreek jou plek nou.