Soek stilte op, rus ’n bietjie
- #StilwordSondag
- Riana Mouton
Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.” (Markus 6:31)
Ons almal het ’n sekere boek in ons besit. Dit is veronderstel om ons lewe makliker te maak, meer georganiseerd. Elke jaar met die vrystelling van hierdie boek se nuwe druk, belowe ek my plegtig dat vanjaar anders gaan wees! Voor op die buiteblad staan die woorde: “My Dagboek”…
Sommer al vroeg in die jaar word al my goeie voornemens gekaap deur ander verantwoordelikhede, afsprake en funksies – om nie eens te praat van al die kerk- en skoolaktiwiteite nie! Daar is soveel dinge wat gedoen moet word, soveel mense wat jou aandag verg, so min tyd om by alles uit te kom.
Jy hardloop so rond om almal om jou gelukkig te hou, te pamperlang en te bemoedig, te verpleeg en te verbind, dat jy nie eens agterkom dat jou eie pleisters ’n slegte reukie ontwikkel nie.
Eers wanneer jy ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het?” (1 Samuel ...
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in ...