Stokvis met soetrissie en pynappel is ‘n moet-probeer! Hierdie maklike seekosresep verander eenvoudige vis in ‘n heerlike maaltyd waarvan almal sal hou.
BESTANDDELE
800 g (1 boks) gevriesde stokvisfilette
1 medium rooi-ui
’n halwe geel soetrissie
’n kwart vars pynappel, in stukkies gesny
1 e olyfolie
1 t woestynsout of pienk sout
½ t growwe swartpeper
2 t uiepoeier
1 e heuning
vars koljander
sap van 1 lemmetjie
STAPPE
- Stel die oond op 200 °C. Berei bakplaat voor met kleefsproei.
- Plaas gevriesde stokvis op die bakplaat en bak in die oond vir 10 minute.
- Kap die rooi-ui fyn, en sny die soetrissie en pynappel op in stukkies.
- Meng die res van die bestanddele in ’n mengbak totdat die heuning opgelos is en voeg dan die ui, pynappel en soetrissie by.
- Haal die vis na 10 minute uit die oond, skep die pynappelmengsel oor en bak vir nog 20 minute.
- Dien dadelik op saam met bykos van jou keuse.