Sukkel jy om eg te bly aan jouself?

Sukkel jy om eg te bly aan jouself?

SORINA ERASMUS glo die Flooze bring meer hoop vir mense as wat sy ooit in haar alledaagse lewe as ma en eggenoot kan regkry.

Die Flooze besoek gereeld siek kinders, maar nou die dag was weer swaar. Ek moes ’n groot Flooze-aanhanger in die hospitaal gaan besoek. As ’n ma breek dit my hart.

Die emosie van seer verander dan stadig in ’n begeerte om te help. Jy wil die oomblik beter maak en nou is jou kans! Die Flooze kom dan in haar volheid en oortreffende trap uit om ’n tjommie ...

SORINA ERASMUS glo die Flooze bring meer hoop vir mense as wat sy ooit in haar alledaagse lewe as ma en eggenoot kan regkry.

Die Flooze besoek gereeld siek kinders, maar nou die dag was weer swaar. Ek moes ’n groot Flooze-aanhanger in die hospitaal gaan besoek. As ’n ma breek dit my hart.

Die emosie van seer verander dan stadig in ’n begeerte om te help. Jy wil die oomblik beter maak en nou is jou kans! Die Flooze kom dan in haar volheid en oortreffende trap uit om ’n tjommie op te beur!

As ma is dit aaklig om ander ouers te sien swaarkry …

As ’n kunstenaar bly dit ’n voorreg om iets vir iemand anders te beteken, wat hulle in die toekoms sterker kan maak.

Hierdie voete staan tussen ’n werkende en ’n tuisblyma. Albei moet voltyds werkend bly.

Tussendeur moet liedjies en vertonings geskep word. Die getal ure wat ingesit word, bepaal ons inkomste aan die einde van die dag.

Albei rolle bring skuldgevoelens, veral as jy begeer om net ’n middagslapie te neem of alleen te bad.

Maar dis reg so, ’n mens is normaal! Daar is ’n element van mooi daarin, want ons omgee oor ons kinders strek so wyd.

Dit het tyd geneem om ’n balans tussen Sorina en die Flooze te vind …

Alles in my lewe is tweeledig. Ek het regte en drama studeer. Nee, dis nie ’n grap nie, dis totaal twee uiterstes! In my loopbaan is ek ’n sangeres en ook ’n komiese karakter wat buite die boks leef.

Die Flooze, ’n verhoogkarakter, is ’n totale ekstrovert, maar Sorina is eintlik ’n bietjie menssku. Die Flooze het my geleer om meer buite die boks te wees, maar mense na aan my weet ek is eintlik ’n introvert. My een CD, Hoofletters, is sielskos en inspirasiemusiek. Dit wys die dieper Sorina en nie die lawwe, lekker, voelgoed Flooze nie.

So lank as wat God die deur oophou om die Flooze as ’n karakter te gebruik om ander te bemoedig, so lank sal sy aanhou.

Ongeag die komedie en die kommin-wees maak sy ’n verskil …

Én bring sy hoop vir kinders. Partykeer wens ek mense kan sien wat die Flooze regkry wat Sorina nooit sal kan doen nie. Sy het ’n manier om na mense deur te breek, omdat sy sonder pretensie is. Sy is sonder klas, sy’s net happy-go-lucky.

Hierdie is dieselfde konsep wat ek ook aan my kinders wil oordra. Ek weet nie hoe Braambossie gaan wees op skool nie. Dalk is hy die sportster, of dalk is hy die slypertjie. Maar as jy jou kinders toegooi met liefde en hulle selfvertroue opbou, is dit genoeg! Hy hoef nie dan die beste rugbyspeler te wees nie. Net solank die kinders gelukkig is met wie en wat hulle is.

Hierdie persona inspireer my ook. Sy maak ’n mens vry …

Sy laat mense voel dit is oukei om net jouself te wees. Jy gaan altyd mense kry wat van jou hou of nie van jou hou nie. Én wat daarvan as mense sê jy is goedkoop? Wat maak dit saak as jy nie die mooiste, rykste of slimste is nie, Tjommie? Solank jy gelukkig is!

Met elke vertoning kom Sorina en die Flooze na vore. Én elke keer, of dit nou ’n stywe vroueoggend of ’n ma-en-dogter-dag is, kom daar iemand om jou te bedank. “Dankie, Flooze, ek wil ook soos jy wees, want ek kan ook nie hardloop nie.”

Dit gebeur met elke vertoning. Ek wil sommer sit en huil oor dié feit. Dan raak hierdie hart vol.

Deel die artikel

Méér artikels

Sy skitter in die kollig, maar SASHA–LEE DAVIDS is in haar wese eintlik skaam en teruggetrokke. Sy moes leer om vrede te maak met wie ...

Klein, slim en bekkig. Dís hoe mense vir ELOISE CUPIDO leer ken het. Sy is ’n voorbeeld van hoe om met selfvertroue vol en uitbundig ...

Scroll to Top