Waaroor gaan die lewe nou eintlik?

Waaroor gaan die lewe nou eintlik?

Ervaring het MICHAEL MOL, hoof van die Christelike TV–kanaal TruthTV, man, pa en dokter geleer dit help nie om net die regte dinge te sê nie, jy moet dit ook uitleef.

Elke nuwe jaar word begin met die gedagte: “Wie wil ek wees?” En dan word ’n praktiese plan uitgewerk om dit uit te voer.

’n Tipiese jaarplan sal soos volg lyk …

Om ’n beter eggenoot te wees beteken: alleentyd saam met Jacqs; om elke dag een liefdevolle ding te doen; om diensbaar te wees; om elke dag iets diep en betekenisvol met mekaar te deel; en om altyd die beste van haar te dink.

Om ’n beter pa te wees: maak een-tot-een tyd vir elke kind.

Saam met Josh: branderplankry, bergfietsry en musiek luister. Ek en Rachi: branderplankry, fotografie en oefen.

En saam met Naethan: Lego’s bou, videospeletjies speel en van die omgewing ’n hindernisbaan maak en dit blitsvinnig kafdraf (parkour).

As gesin probeer ons om een keer per maand vir ’n naweek weg te breek ...

Of ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Superkosse is ryk aan talle voedingstowwe, vitamiene, minerale en anti-oksidante. Dit hou ons nie slegs gesond nie, dit kan ook as medisyne gebruik word. Superkos ...

… omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!