Agter elke seer lê ’n storie

Agter elke seer lê ’n storie

Baie jare se mishandeling … uiteindelik tot op die uiterste gedryf. STEPHANIE BAARTMAN ken diep seer. Op ’n dag is daar geen omdraaikans meer nie. ’n Nuwe, onseker pad lê voor. Is sy sterk genoeg daarvoor?

Dit was die vernederendste, grootste oomblik van skaamte.

Oë rooi gehuil. Gesig geswel. Lip gekneus.

’n Ma met twee klein kindertjies wat voor die polisiekantoor staan en wag. Vir beter dae.

Ons klere in swart sakke en lakens toegevou. Nie ’n sent op my naam nie. Mae wat grom van die honger … en die polisiemanne wat verbyloop en lag. Hulle het dié prentjie al baie gesien.

Kon ek hulle kwalik neem? As ’n mens nog nie ’n dag in iemand anders se skoene geloop het nie, is dit maklik om te oordeel.

Die kinders het bly neul. Ek het deur my beursie gekrap en sowaar ’n vyfrandstuk ontdek. Koponderstebo oor die pad winkel toe gestap en ’n pakkie skyfies gekoop. Die vernedering oop en bloot vir die hele wêreld om te sien.

Hoe beland ’n mens in so ’n situasie?

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!