Sukses volg wanneer voorbereiding en geleentheid ontmoet
- Werk MENTOR
- Rhona Erasmus
Ons moet ons drome met ons dade ondersteun. Solank ons nie onsself op die realiteit van geleenthede voorberei nie, sal sukses ons bly ontwyk.
Jou dade moet jou drome kan ondersteun
Dit mag dalk vir ons lyk of geleenthede sommer net so in ander mense se skoot val. Die feit is dat geleenthede op die een of ander tyd aan ons almal se deur kom klop. Die verskil is net, dat ’n mens nie altyd gereed en voorbereid daarop is nie.
Soms moet ’n mens iets ’n paar keer lees voordat dit regtig ’n impak maak. Dit gebeur gereeld dat dit skielik op ’n dag voel asof jy dit wat jy gelees het, vir die eerste keer hoor.
Hierdie aanhaling deur Henry Hartman is een van daardie aanhalings. Nadat jy dit ’n paar keer aandagtig gelees het, maak dit iets binne jou wakker.
“Sukses sal altyd volg wanneer voorbereiding en geleentheid ontmoet.” Wat ’n ongelooflike eenvoudige, maar kragtige sinnetjie!
Daar is soveel mense wat wag vir die dag wanneer die perfekte geleentheid sommer net in hulle skoot gaan ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Jong meisies word verkeerdelik groot met die idee dat as jy ander vroue se sukses vier, jy jouself van iets ontneem. Gun mekaar ’n plekkie ...
Soveel vroue jaag steeds die idee van perfek-wees na, hetsy in mamma-wees, vrou-wees of sakevrou-wees. Die meeste werkende mammas is dit eens dat hierdie strewe ...