Leer om… God se stem te hoor (in ’n besige wêreld)
“Daar is baie gelowiges wat sukkel daarmee om God se stem te hoor” sê Lynette Beer, aanbieder van die E–KURSUS God praat – hoor jy dit? Baie gelowiges sukkel om Jesus se stem te hoor Jy is besig! Jy het werk om te doen, kinders om groot te maak, afsprake om na te kom en ’n huweliksmaat wat liefde nodig het. Te midde van jou besigwees voel jy tog asof iets kort … Jou geloof is nie wat dit veronderstel is om te wees nie, jou verhouding met God is afgewater, jou gebede is oppervlakkig, en jou stiltetyd het selfs heeltemal verdwyn. Hoe groei jy weer in jou verhouding met God? Wat doen jy om Sy stem te hoor in ’n besige wêreld? Daar is baie gelowiges wat sukkel daarmee om na Jesus se stem te luister. Party mense dink God praat nooit met hulle nie. Ander dink hulle hoor Hom nie omdat hulle dalk nie regtig Sy kinders is nie. Meeste van die tyd lê die probleem egter daarin dat ons net nog nie geleer het hoe om te luister nie. God praat – Hy praat gereeld – maar ons weet nie hoe Sy stem klink en hoe Hy…...