15 min. + baktyd 25-30 min. 1 groot gebak 

 Maak ‘n heerlike gebakte nagereg met vars perskes en bloubessies! Hierdie maklike gebakte poedingresep is die perfekte nagereg vir enige geleentheid.  

BESTANDDELE 

6 poedingperskes  

400 g bloubessies  

vars tiemie en bloubessies vir garnering  

Vir die kors en krummellaag  

250 g amandelmeel  

2 e rou heuning  

1 e water  

1 t sout  

1 t vanieljegeursel  

¼ t fyn kaneel 

STAPPE 

  1. Stel die oond op 180 °C.  
  1. Meng al die krummelbe standdele saam in ’n bak totdat dit ’n klam krummel vorm.  
  1. Berei ’n tertpan voor met kleefsproei.  
  1. Gebruik helfte van die krummels om ’n kors te vorm deur dit ferm plat te druk op die bodem van die tertpan.  
  1. Hou die ander helfte vir die krummellaag bo-op.  
  1. Sny die poedingperskes in skywe en rangskik in die tertpan.  
  1. Neem die bloubessies in jou hande en druk effens stukkend voordat dit op die perskeskywe gerangskik word. Doen dit om te verseker dat die bessiesap deur die tertkors geabsorbeer word.  
  1. Rond af deur die res van die krummels bo-oor te sprinkel.  
  1. Bak vir 25 tot 30 minute.  
  1. Laat effens afkoel.  
  1. Garneer met vars tiemie en bloubessies voor opdiening.  
  1. Sit warm voor.