Uniek gemaak met ’n spesiale doel

Uniek gemaak met ’n spesiale doel

Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. (Psalm 139:14) 

Die probleem waarmee baie vroue daagliks sukkel, is dat ons bogenoemde vers nie altyd glo nie. Ons lees dit en hou selfs werksessies daaroor, maar glo jy werklik dat jy “besonder wonderlik” gemaak is?

Ek luister gereeld na vroue se gesprekke met mekaar en kort voor lank word daar ’n paar komplimente uitgedeel oor klere, grimering, goeie ouerskap, en so meer. Net jammer die vrou aan die ontvangkant sukkel ...

Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. (Psalm 139:14) 

Die probleem waarmee baie vroue daagliks sukkel, is dat ons bogenoemde vers nie altyd glo nie. Ons lees dit en hou selfs werksessies daaroor, maar glo jy werklik dat jy “besonder wonderlik” gemaak is?

Ek luister gereeld na vroue se gesprekke met mekaar en kort voor lank word daar ’n paar komplimente uitgedeel oor klere, grimering, goeie ouerskap, en so meer. Net jammer die vrou aan die ontvangkant sukkel so om die kompliment te aanvaar. “Sjoe, maar jy lyk mooi.” Vriendin: “Wat!? Hierdie rok, nee, dis oud en hy sit so styf vanoggend. Ek wens ek kan soos Sannie lyk in hierdie rok.”

Hoekom sukkel vroue so om komplimente te ontvang? Die Here het ons elkeen so uniek en wonderlik gemaak met ’n spesifieke doel en ’n plan. Hy het oor jou gedroom, en op ’n dag het Hy lewe in jou perfekte geesmens ingeblaas sodat jy sy glorie hier op aarde kan verteenwoordig.

As ons nie besef hoe mooi en spesiaal ons gemaak is nie, sal ons dalk nooit ons volle potensiaal hier op aarde kan bereik nie. As jy jou aan ander vroue en mammas meet, sal jy nooit goed genoeg voel nie, want die duiwel sal altyd iets uitwys wat jou minderwaardig laat voel.

Besef vandag hoe mooi jy is en loop met selfvertroue rond. Weet dat jy uniek, pragtig en na die beeld van die allerhoogste God geskep is.

Gaan staan met so min moontlik klere voor die spieël en sê: “Ek is pragtig gemaak! Boonop met ’n unieke skeppingsdoel.” Sê dit totdat jy dit glo, selfs al neem dit weke. Vra dat Hy jou oë sal oopmaak om te kan sien hoe mooi jy is.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top