Uniek gemaak met ’n spesiale doel
- #StilwordSondag
- Lorna Greyling
Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. (Psalm 139:14)
Die probleem waarmee baie vroue daagliks sukkel, is dat ons bogenoemde vers nie altyd glo nie. Ons lees dit en hou selfs werksessies daaroor, maar glo jy werklik dat jy “besonder wonderlik” gemaak is?
Ek luister gereeld na vroue se gesprekke met mekaar en kort voor lank word daar ’n paar komplimente uitgedeel oor klere, grimering, goeie ouerskap, en so meer. Net jammer die vrou aan die ontvangkant sukkel so om die kompliment te aanvaar. “Sjoe, maar jy lyk mooi.” Vriendin: “Wat!? Hierdie rok, nee, dis oud en hy sit so styf vanoggend. Ek wens ek kan soos Sannie lyk in hierdie rok.”
Hoekom sukkel vroue so om komplimente te ontvang? Die Here het ons elkeen so uniek en wonderlik gemaak met ’n spesifieke doel en ’n plan. Hy het oor jou gedroom, en op ’n dag het Hy lewe in jou perfekte geesmens ingeblaas sodat jy sy glorie hier op aarde kan verteenwoordig.
As ons nie besef hoe mooi en spesiaal ons ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Efesiërs 6:18) Dit ...
… en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons ...