Vertrou God met jou toekoms

Vertrou God met jou toekoms 

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. (1 Petrus 5:8-9) 

Om God onvoorwaarlik te vertrou vir die toekoms is nie altyd maklik nie. Ons wil maar altyd graag situasies in ons eie hande neem. Ek moes hierdie baie belangrike lewensles leer in ’n bitter moeilike tyd in my lewe – ’n derde keer ’n kankerdiagnose. Ek het teen my situasie en my plate van daardie dag vasgekyk. God het egter vir my ...

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. (1 Petrus 5:8-9) 

Om God onvoorwaarlik te vertrou vir die toekoms is nie altyd maklik nie. Ons wil maar altyd graag situasies in ons eie hande neem. Ek moes hierdie baie belangrike lewensles leer in ’n bitter moeilike tyd in my lewe – ’n derde keer ’n kankerdiagnose. Ek het teen my situasie en my plate van daardie dag vasgekyk. God het egter vir my kom wys dat Hy in beheer is, en nie ek nie. Daarom moet ek wegkyk van my situasie en opkyk na Hom.

Dit is sekerlik die moeilikste ding vir ons as mense om God onvoorwaarlik te vertrou, want ons wil dinge keer op keer self uitsorteer. ’n Baie moeilike en baie lang operasie het gevolg. Daar is bepaal dat die “kol” op my longe nie gevind kon word nie. Hier het ek geleer om Hom onvoorwaardelik te vertrou. Die oomblik toe ek wegkyk van daardie kol op die plate en opkyk na God, was Hy in beheer.

Teen watter kol in jou lewe kyk jy vandag vas? Hy wil jou ook uitnooi en vra om weg te kyk van daardie kol en op te kyk na Hom. Hy kan en wil ook oor daardie kol in jou lewe beheer neem. Ons is heeltyd blootgestel aan Satan se leuens en aannames wat ons vreugde en vrede kom steel. God gee ons in Psalm 91 die gesag om op elke leeu, elke moeilike situasie, te staan en Satan onder ons voet te vertrap.

Wees bewus van daardie leeu in jou lewe. Kyk weg van die donker kol wat jou lewe stadigaan oorneem. Kyk op na jou Vader en sien hoe sy groter plan in jou lewe ontvou.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top