Lucia Dramat [Oudio+Video]

Verbreed jou gedagtes vir persoonlike groei

Beperkende oortuigings is gedagtes of opinies wat geneig is om ’n negatiewe uitwerking op ’n mens se lewe te hê. Dit verhoed jou om op ’n persoonlike en professionele vlak te groei.

Jou oortuigings bepaal hoe jy jouself sien. Dit affekteer jou lewensuitkyk. Dit is belangrik om die denkwyses te identifiseer wat jou aan bande lê en in die pad staan van die lewe wat jy wil hê.

Hierdie persepsies is soms so diep ingewortel dat jy hulle net bevraagteken as jy bang of angstig is of met ’n moeilike situasie gekonfronteer word. Wanneer jy uit die boks wil klim, oorval die negatiwiteit jou en dit ry jou planne in die wiele.

Beperkende gedagtes lyk nie altyd skadelik nie. Hulle kom vermom as besorgdheid, logika of beskerming, maar intussen belemmer hulle jou vooruitgang en groei.

Die mens is instinktief ingestel op oorlewing. Jou brein is veronderstel om jou teen seerkry te beskerm. Soms moet ’n mens pyn, onsekerheid of vrees ervaar om die resultate te verkry wat jy wil hê.

Sien dus jou gedagtes as ’n hulpmiddel. As jy dit toelaat, sal ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons ...

Soms kies ons om twee keer swaar te kry. Ons herleef die slegte tye van die verlede in ons gedagtes. Ons loop die oomblik waarin ...

Scroll to Top