Jannie Putter [oudio+video]

Ware vriendskap word nie gekoop nie

Struikelblokke kan ons maklik pootjie. Dit steel ons lewensvreugde. Nogtans kan jy kies om op te staan en dit as ’n geleentheid vir groei te gebruik.

Daar is ’n gesegde: Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms. Ons word geken aan die mense in wie se geselskap ons gereeld verkeer. Vriende, anders as familie, is ’n keuse: ’n Mens kan kies saam met wie jy jou tyd wil deurbring. Iemand het gesê dit is die familie wat ons vir onsself kies. Jy deel jou drome, hoop, vrese en hartseer met hulle. Vriendskappe as sosiale verhoudings is van onskatbare waarde. Dit help jou ontwikkel en verskaf leiding op die kronkelende pad van die lewe. Jy word soos jou vriende, want julle praat oor dieselfde dinge. Hulle waarhede word jou waarhede en julle stem meestal saam oor sake.

Moenie saam sit en pity parties hou nie

As ’n vriendin dus haar lot by jou bekla en vertel hoe sleg haar man haar behandel, of hoe moeilik dit gaan met haar gesondheid, en jy luister net sonder om van haar te verskil, beteken dit jy stem saam. ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Hoe getrouer jy aan jouself leef, hoe gelukkiger sal jy wees. Dit beteken om eerlik te wees oor jou sterk en swak punte. Wees trots ...

Daar is keuses wat ons dikwels onbewustelik maak wat kan bepaal hoe lank en gelukkig ons gaan lewe … Om ’n huis te koop of ...

Scroll to Top