Staan op vir wat waar en reg is 

Staan op vir wat waar en reg is 

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie ... Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) 

Ek hoor onlangs by ’n werksessie: “As jy jou eie unieke self is, is daar geen kompetisie nie.” Ons is elkeen so uniek geskep, met ons eie talente, eienskappe, swakhede, sienings en smake. Dink net hoe vervelig die wêreld sou gewees het as almal dieselfde was. 

Dus moet ons in onsself glo en sien watter wonderlike, unieke eienskappe Hy ons gegee het. Niemand is mos perfek nie, ...

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie … Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) 

Ek hoor onlangs by ’n werksessie: “As jy jou eie unieke self is, is daar geen kompetisie nie.” Ons is elkeen so uniek geskep, met ons eie talente, eienskappe, swakhede, sienings en smake. Dink net hoe vervelig die wêreld sou gewees het as almal dieselfde was. 

Dus moet ons in onsself glo en sien watter wonderlike, unieke eienskappe Hy ons gegee het. Niemand is mos perfek nie, maar in God se oë het Hy ons volmaak geskep vir ons tyd hier op aarde. Ons almal wens soms ons lyk soos iemand anders of kan doen wat hulle doen, maar hul lewensdoel is anders. Sodra ons dit besef, kan ons begin werk aan ons eie unieke self. 

As jy dit wat in jou hart is, uitstraal na buite, kan niemand in jou twyfel nie, want jy is eg in wie jy is. Spreuke waarsku dat die arme in sy eerlikheid beter is as die oneerlike tweegesig, al leef daardie jakkals in weelde. Ek is liewer arm en weet ek het integriteit, as wat ek voorgee om iemand te wees wie ek nie is nie en met ’n leë hart, maar vol beursie gaan slaap. Dis die wonderlikste ding as die mense om jou jou liefhet vir wie jy regtig is. 

Staan op vir wat JY glo is reg en moenie buig in jou waardes nie. As jy by die deur uitstap, wil jy hê die mense moet mooi dinge van jou sê, ja; nie omdat jy voorgee nie, maar omdat jy jou werklike self is en dit met selfvertroue uitleef. Wie kan dan nog in enige opsig vir jou kompetisie wees, want daar is niemand anders soos jy nie! 

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top