Vertrou God se plan vir jou lewe

Vertrou God se plan vir jou lewe

God het ’n goeie plan. Dit is egter nie ’n stap–vir–stap handleiding vir jou lewe nie. Dit is veel meer as net ’n vaste plan, dit is dinamies!

Jy is deel van God se planne

Alle gelowiges word deur God geroep om as sy mense te leef. Elke mens ontvang ook ’n persoonlike roeping van God wat sy lewe bepaal. Jy is uniek geskik vir God se plan vir die wêreld.

Partykeer is dit moeilik om te verstaan hoekom sekere dinge met jou gebeur. Tog moet ons ...

God het ’n goeie plan. Dit is egter nie ’n stap–vir–stap handleiding vir jou lewe nie. Dit is veel meer as net ’n vaste plan, dit is dinamies!

Jy is deel van God se planne

Alle gelowiges word deur God geroep om as sy mense te leef. Elke mens ontvang ook ’n persoonlike roeping van God wat sy lewe bepaal. Jy is uniek geskik vir God se plan vir die wêreld.

Partykeer is dit moeilik om te verstaan hoekom sekere dinge met jou gebeur. Tog moet ons leer aanvaar dat God jou lewe stuur op ’n manier wat ’n groter doel in die oog het. Glo jy is waar jy nou is omdat God daarmee ’n doel het.

Jou lewe vertoon die besef en voortdurende bewustheid dat wat jy doen, méér is as om net te doen. Jy doen dit vir God. Jy leef nie net nie – jy leef vir God.

Hierdie God-konneksie impliseer dat die lewe nie om jouself draai nie, maar om jou sélf in verhouding met God. Daarom begin jou dag met die vraag: Here, hoe wil U hê moet ek hierdie dag inruim om tot U eer te leef?

God se Bybel is soos ’n spieël wat wys wie jy werklik is. Jy kan óf wegloop en maak asof God nie seggenskap oor jou lewe het nie, óf jy kan die nodige veranderinge aanbring om jou ware self te wees soos God jou bedoel het.

Spieëltyd is regmaaktyd. Dis tyd om jou negatiewe houdings, skadelike gewoontes en sondige begeertes voor God te bring en Hom om vergifnis te vra. Begin met sy hulp anders leef, sodat jy trots kan wees op die persoon wat in die spieël na jou terugkyk.

Dis ’n proses wat jou lewe lank gaan duur, maar begin daarmee. Jy sal goed voel oor jouself, want jy weet dis wat God wil hê. Só haal jy met God se hulp alles weg uit die pad wat Hy vir jou bestem het.

Jou vorige lewe tel nie punte wanneer God jou roep en verander nie. Alles word nuut in Hom. Ook jy.

Leef in vrede met wat God vir jou beplan

In ’n tyd waarin mense hulle tot in die afgrond druk vir beter prestasie, ly baie aan uitbranding. Gewoonlik het hulle liggaam hulle al lankal gewaarsku, maar die simptome word in die naam van produktiwiteit geïgnoreer.

Jou verstand is nie jou enigste betroubare kenbron nie. Jou liggaamservaring kan jou geweldig vooruit help in die verstaan van jouself en wie jy ten diepste is. Jou liggaam is in ’n sekere sin ’n massiewe leuenverklikker.

Leer jou liggaam verstaan.

Raak rustig en luister wat elke liggaamsdeel jou van jou ervaring van die lewe wil vertel. Let op jou liggaam se reaksies wanneer jy vir jouself sekere vrae oor jou lewe vra, soos: Voel ek tevrede met my werk? Voel ek gelukkig in my verhouding? Voel ek ek verdien genoeg geld?

Luister na jou liggaam as jy ’n belangrike keuse moet maak. Jou liggaam sal help aandui of die keuse by die plan vir jou lewe inpas.

Begin “nee!” sê vir dit wat nie by jou ware self pas nie. Dis net die eerste “nee” wat die ergste is. Daarna volg dit makliker.

Hoewel jy teenstand en weerstand sal ervaar, sal jy van binne voel dit is net “reg”. Jy sal wel daarna spyt voel, maar onthou weer hoekom jy in die eerste plek begin het om nee te sê. Jy is nie die vullisblik van ander se verwagtings nie!

Sonde is om jou doel te mis. Dis om nie te antwoord op die opdrag waarvoor God jou bedoel het nie. As jy Jesus die heerskappy oor jou lewe gee, verander jou identiteit van sondaar na verloste.

Die plan vir jou lewe begin nie meer by jou sondigheid nie, maar by jou verlos-wees.

Sonde gaan jou pla, omdat jy graag anders wil wees. Jou gewete gaan jou herinner aan jou ware Noord, jou nuwe identiteit in Christus, en jou motiveer om weer op koers te wees.

Deel die artikel

Méér artikels

Omhels stiltetyd! Leer hoe dit jou help om kalmte te vind, selfbewustheid ’n hupstoot te gee en jou te laat fokus op wat werklik saak ...

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te ...

Scroll to Top