Ons kan ure voor die spieël staan en wens ons het anders gelyk. “Om vrede te maak met jou lyf, is om jouself te aanvaar en lief te hê ongeag wat die skaal sê!” sê Marciel Hopkins, TV-aanbieder en lewensafrigter.
Marciel Hopkins was destyds een van die top-12 in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. En dis juis haar transformerende gewigsverliesreis wat haar gelei om as uitgesproke liggaamspositiewe-aktivis vroue (en meisies!) te inspireer en te bemagtig wat selfliefde, liggaamsaanvaarding en persoonlike groei betref.
