[VIDEO] Is water regtig vir ons belangrik?
- Nuwe jy MENTOR
- Minette Visser
Almal is dit eens oor die belangrikheid van water vir ons gesondheid. Presies hoeveel water ons moet inneem, verskil van mens tot mens. Let daarom op jou liggaam se tekens, so sê ons Nuwe Jy-mentor, Minette Visser.
Sommige mense sê agt glase, Harvard sê vier tot ses glase water en ander sê weer tot 2,7 liter water ’n dag vir vroue – insluitend jou kos.
Ons neem ongeveer 20% van ons water in deur die kos wat ons eet. Dit is nou as ons dieet vrugte en groente insluit. Maar hoeveel water moet ons drink?
Die antwoord begin by bio-individualiteit. Almal is anders, almal se omstandighede is anders. Daarom het elke persoon nie dieselfde hoeveelheid water nodig nie. Net soos wat elke liewe persoon nie dieselfde dieet of oefenprogram kan volg nie.
Elke dag is ook anders. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons na ons liggame luister. Ons moet daarop let wanneer ons dors is.
As jy weer gereeld in die nag moet opstaan om badkamer toe te gaan, drink jy dalk te veel water laatmiddag of vroegaand.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Catherine van Heerden
- Catherine van Heerden
“Stres is ‘n teken dat iets in jou lewe aandag nodig het, kyk wat jy kan verander en neem klein stappe om dit beter te ...
Martelize Brink
- Martelize Brink
Groei gebeur buite jou gemaksone. MARTELIZE BRINK, radio-aanbieder en kookboekskrywer, is al amper 35 jaar in ’n rolstoel, maar leef elke dag met oorgawe. Wanneer ...
Dr Marcel Hattingh
- Dr Marcel Hattingh
“Jou gedagtes bepaal jou rigting – beheer hulle, en jy beheer jou lewe”, sê leierskapafrigter Dr Marcel Hattingh. Ligter leef begin wanneer jy kies om ...