Geliefde Binnelanders-aktrise Lindie Stander deel oor trauma, herstel, geloof en die moeilike pad na vergifnis en vrede.
Die skryf van my boek het beteken dat ek moes teruggaan na die diepste dele van my bestaan. Sommige hoofstukke was ongelooflik moeilik om te skryf, veral waar ek trauma en pyn moes herroep. Jy kan nie net vertel wat gebeur het nie – jy moet weer teruggaan na daardie oomblikke en die emosies beskryf.
Toe ek ná Binnelanders by Elim Kliniek beland het, moes ek noodgedwonge op my knieë gaan. Ek moes leer om myself te vergewe en te vertrou dat God steeds ’n plan het. Psalm 46:10 het my herinner: “Wees stil en weet Ek is God.”
Vergifnis was ook deel van my reis. Ek het besef mense doen die beste wat hulle kan met dit wat hulle het. Ek kies om te vergewe, want ek wil nie deur die seer vasgehou word nie.
![[OUDIO] Hy moet meer word en jy minder](https://voelgoed.co.za/wp-content/uploads/2023/05/Karien_Ronde_Gesigfoto-1.webp)