Die GROOT Ontbyt-aanbieder en dramaskool-eienaar Jennifer Myburgh deel hoe geloof in Jesus Christus haar anker bly te midde van kritiek, trauma en herstel.
God se leiding in my lewe is nie net een groot oomblik nie – dit is konstant, en ek is dankbaar daarvoor. In ons beroep hoor jy soveel negatiwiteit. As aktrise kry jy talle “nee’s” voordat jy een “ja” kry. Dit maak seer, veral as jy reeds deur ’n moeilike tyd gaan.
Dit was juis in so ’n moeilike tyd dat ek besef het: My anker en my identiteit is in Jesus Christus alleen. Sy opinie is die enigste wat werklik saak maak.
Toe ek op radio gewerk het, het ’n bekruiper verwoesting in my lewe gesaai. Dit was ’n langdurige, traumatiese ervaring wat baie gebed gevra het. Dit het ook moed geverg om daaroor te praat.
Daardie proses het my geleer: Geslagsgebaseerde geweld is nooit jou skuld nie. Wanneer jy praat, skep jy veilige ruimte vir ander om ook te praat.
Alles wat ek het, kom van Hom af – en dit is genoeg.
![[OUDIO] Hy moet meer word en jy minder](https://voelgoed.co.za/wp-content/uploads/2023/05/Karien_Ronde_Gesigfoto-1.webp)