[VIDEO] RETIEF BURGER │Wanneer geloof jou deur storms dra

Retief Burger deel oor egtheid, geloof en die oomblikke wat hom opnuut laat besef het: daar is net een Naam.

My werk as aanbiddingsleier is vir my ’n groot voorreg, want my bediening en my liefde vir musiek kan saamvloei. Dit het my geleer hoe belangrik integriteit is en om dieselfde mens te wees by die huis, by vriende en wanneer ek op ’n verhoog of kansel staan.

Ek het ook geleer dat dit nie oor ’n “produk” gaan nie, maar oor ’n egte verhouding met God. Dit is iets wat my deur dissipelskap en deur mense se lewens gevorm het.

Toe ek onverwags met ’n breintumor gediagnoseer is, het dit ’n groot impak op my gehad. Ek en my vrou moes stilstaan, bid en die Here vertrou. In daardie tyd het ek Psalm 27 ontdek en besef dat ek vrede kan hê, selfs in die middel van ’n storm.

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top