Voorbereiding vir sukses in ’n veranderende wêreld van werk

Professor Lomé Koekemoer, medeprofessor in Praktyk in die WorkWell-navorsingseenheid aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en besturende direkteur van Yellow Seed Consulting, gesels oor hoe om voor te berei vir sukses in ’n veranderende wêreld.

Jongmense soek werk, werkgewers soek vaardighede

Suid-Afrika staan voor ’n groot uitdaging: buitengewoon hoë jeugwerkloosheid, terwyl organisasies toenemende vaardigheidstekorte ervaar.

Jongmense soek werk en werkgewers soek werknemers, maar hul vaardighede stem dikwels nie met die arbeidsmark se behoeftes ooreen nie.

Tegnologiese vooruitgang sal hierdie uitdaging verskerp namate sommige werksgeleenthede verdwyn, nuwes ontstaan en bestaande beroepe ingrypend verander.

Om jongmense vir die toekoms toe te rus verg die gesamentlike betrokkenheid van skole, universiteite, ouers, werkgewers en jongmense self.

Suid-Afrika se toekoms hang immers af van hoe goed ons vandag die generasie voorberei wat môre ons arbeidsmag en leiers sal vorm en ons land vorentoe sal neem.

Wees jou beste self by die Noordwes-Universiteit.

Vir meer inligting, besoek: https://studies.nwu.ac.za/af/studies/graad11-inligting.

Slim vakkkeuses begin by ’n duidelike doelwit

Begin by die doelwit. Indien ’n leerder onseker is oor sy toekomsrigting, kies vakke wat soveel moontlik geleenthede kan ontsluit.

Indien ’n spesifieke graad die doelwit is, ondersoek die vakinhoud, APS (toelatingspuntetelling) en keuringsvereistes. Neem ook beursvereistes in ag.

Kies vakke volgens die leerder se unieke belangstellings, vermoëns, motivering en kans op sukses. Oorweeg ’n vakkombinasie wat by sy sterkpunte pas, hetsy logiese redenasie, begrip, geheue of ’n balans daarvan. Kyk egter verder as bloot belangstelling.

Goeie vak- en loopbaankeuses moet ook toekomstige geleenthede en indiensneembaarheid in ag neem. Die doel is om leerders vir volhoubare sukses voor te berei.

Meer as vakke: vermoëns wat jongmense vir sukses toerus

Selfs met geskikte vakke en kwalifikasies sukkel baie jongmense om suksesvol tot die werksplek toe te tree.

Navorsing deur die Noordwes-Universiteit se WorkWell-navorsingseenheid, in samewerking met Yellow Seed Consulting, beklemtoon veerkragtigheid, leerbehendigheid, selfinsig, selfbemeestering en psigologiese welstand as noodsaaklike vermoëns vir sukses.

Voorbereiding vir die toekoms begin egter lank voor universiteit of die eerste werk.

Dit begin by vandag se keuses en die vermoëns wat ons doelbewus by jongmense ontwikkel.

’n Veranderende wêreld vereis ’n nuwe benadering.

Suid-Afrika se toekoms hang af van hoe goed ouers, onderwysers, skole, universiteite en werkgewers saamwerk om die volgende generasie vir sukses voor te berei.

Deel die artikel

Méér artikels

Potchefstroom Akademie se hoër sertifikaat in besigheidsbestuur rus jou toe met noodsaaklike kennis en praktiese vaardighede om jou loopbaan in die sakewêreld suksesvol te begin. ...

Somervakansies in Suid-Afrika beteken sonskyn en pret in die natuur, maar ongelukkig ook muskiete en ander uitdagings. Hou daarom Drop of Eden byderhand vir sorgelose ...

Scroll to Top