Wys jou man jy bewonder hom met woorde van waardering

Wys jou man jy bewonder hom met woorde van waardering 

Lyk jou man ’n bietjie “af” die laaste tyd? Kyk hoeveel jou woorde van waardering doen om die beste in hom na vore te bring. 

Elke man smag na waardering - leer hoe om dit te gee 

Alle mans het ’n behoefte aan waardering, al lyk hulle soms so taai aan die buitekant. Hulle smag na liefde, aandag en bewondering. Het jy al ’n klein seuntjie gesien wat die eerste keer ’n rugbybal raakskop?  

Eintlik het almal, mans en vroue, emosionele koestering nodig, maar die manne het ...

Lyk jou man ’n bietjie “af” die laaste tyd? Kyk hoeveel jou woorde van waardering doen om die beste in hom na vore te bring. 

Elke man smag na waardering – leer hoe om dit te gee 

Alle mans het ’n behoefte aan waardering, al lyk hulle soms so taai aan die buitekant. Hulle smag na liefde, aandag en bewondering. Het jy al ’n klein seuntjie gesien wat die eerste keer ’n rugbybal raakskop?  

Eintlik het almal, mans en vroue, emosionele koestering nodig, maar die manne het dit nodiger. Dit is waar die uitdrukking “the male ego” vandaan kom.  

Dis glad nie ’n negatiewe stelling nie. As hy jou held is, is dit maklik om hom te bewonder, te waardeer en moed in te praat.  

As jy hom as ’n swakkeling beskou, is dit baie moeilik om dit te doen. Dan sal sy beeld ook nie by die kinders gepoets word nie en hulle verhouding sal daaronder ly.  

Staan elke oggend op en dink wat jy vandag kan doen om vir jou maat te sê of wys hoe mal jy oor hom is. As die dag met daardie ingesteldheid begin, sal die res net volg.  

Of hy die gras sny of die kinders by die skool gaan oplaai, hy sal mal wees daaroor om ’n spesiale dankie te kry.  

Al het jy goeie kwalifikasies, ’n suksesvolle praktyk en ’n goeie inkomste, moet jy seker maak dat manlief jou held bly. Vroue probeer soms so hard om iets te bewys dat hulle hulleself uit vrouwees uit werk en baklei.  

Die probleem kom wanneer jy hom wil beheer. Dan word hy ontman: Hy word net swakker en hardloop na ’n ander vrou, die werk of elders vir erkenning. Hoe meer jy jou maat ondersteun, bewonder en liefde gee, hoe meer kry jy natuurlik terug.  

Versterk jou verhouding deur jou man meer gereeld te bewonder 

Is dit nie lekker as hy die verantwoordelikheid op hom neem en jou versorg en beskerm nie? Wanneer hy jou saggies en soos ’n prinses behandel, voel jy sommer meer sexy. Dit versterk jou vrouwees – en daar is niks so mooi soos ’n sagte, versorgde, suksesvolle vrou wat haar man bewonder nie.  

Dit is lekker om woorde van waardering en bewondering te gee én te ontvang, maar terselfdertyd moet jy nie daarvan afhanklik wees om dit gedurig by iemand anders te hoor nie. Geniet dit net wanneer dit na jou kant toe kom.  

Elke vrou moet haarself binne en buite goed versorg sodat sy haar prins se prinses kan bly. As jy goed voel oor jouself, wys dit. Dan is dit ook sommer makliker vir ander om van jou te hou.  

Eers wanneer jy die skoonheid van die skepping binne-in jouself ontdek het, kan jy die skoonheid in ander begin raaksien.  

Dink aan hom as ’n skildery. Kry ’n ingesteldheid van: Ek is getroud met een van God se skeppingswerke. Dan sal jy mos alles moontlik probeer doen om daardie skildery op te pas, te beskerm en mooi “uit te stal”!  

Natuurlik is dit waar dat ’n skildery jou nie kan seermaak of terugpraat nie. Tog, as ons anders begin kyk na ons maats – met ’n tikkie meer bewondering – is dit makliker om mekaar te koester.  

Sê ’n slag: “Jy is alles wat ek in ’n man wil hê.” Dit sal hom sekerlik breëbors laat glimlag, reg om enige draak vir sy prinses te verslaan. En hy sal dalk selfs skottelgoed ook was as dit moet! 

Deel die artikel

Méér artikels

Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis. Jou ...

Scroll to Top