Karien Basson [Oudio+Video] Vasbyt Woorde Maak seer

God verstaan al ons familieskandes

Elke familie het sy skandes. Die meeste van ons sou verkies om hulle verborge te hou.

Ons lees dat Jesus ook afkomstig is uit ’n familie vol foute. Ragab was ’n prostituut, Jakob ’n leuenaar, en Isak ’n dagdromer. Dawid was ’n moordenaar, in ’n buite-egtelike verhouding. Ons lees van Salomo se 700 vroue en 300 byvroue en Jona wat eers sy verantwoordelikhede wou ontduik!

Waarom het God beplan dat Jesus uit só ’n stamboom gebore moet word? Sodat ons kan weet dat Hy ons familiegeheime verstaan. Of dit nou ’n suster is wie se naam op die swartlys is, of ’n oom met ’n misdaadrekord. ’n Pa wat weggeloop en nooit weer teruggekeer het nie, ’n neef wat aan pornografie verslaaf is, of ’n broer wat egbreuk gepleeg het.

Vir die wie se stamboom slegte vrugte dra ... Wat skaam is ... Wat moed verloor het ... Wat altyd probleme moet oplos, sê Hy: “Ek verstaan.”

Jesus was nie skaam vir sy voorvaders nie en Hy is ook nie skaam vir jou of jou familie nie. Jou aksies en jou familiegeheime sal Hom nie verbyster ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

As bekommernis aan jou knaag of as jou hart swaar voel, moenie begin kla of jou eie planne beraam nie. Begin net bid! Moenie moed ...

Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat ...

Scroll to Top