
Oefening sit jou in ’n beter bui
Daar is ’n baie mense wat met depressie sukkel. Oefening is een van jou goedkoopste en doeltreffendste maniere om depressie onder beheer te kry.
Oefening beïnvloed ons hormone direk. Endorfiene, die goedvoelhormone, word vrygestel wanneer jy oefen. As jy vir 15 minute ’n dag hardloop of vir ’n uur gaan stap, kan dit jou kans om depressie te ontwikkel met 26% verminder.
Hierdie hormoon laat jou nie net beter voel nie, dit kan ook pyn verminder. Soos wat morfien vir pasiënte gegee word, doen endorfiene dieselfde in jou liggaam. Dit verander breingolwe wat jou gevoel van pyn of seerkry verminder.
Oefening kan ook jou selfbeeld bevorder. Jy gaan met meer selfvertroue in ’n vertrek vol mense instap óf daardie persoon wat ’n bietjie van ’n uitdaging by die werk is, makliker hanteer.
Jy ontwikkel jou deursettingsvermoë wanneer jy oefen. As jy moet deurdruk met ’n wedloop, ’n fietswedren of ’n aërobiese klas, leer jy om uit te hou.
Oefen in die son. As son op jou vel kom, word vitamien D afgeskei, wat ’n baie goeie vitamien is as dit by jou gevoelens, ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Is koffie goed of sleg vir jou? Daar is soveel teenstrydige inligting oor koffie en jou gesondheid. Vind uit hoe jy jou boeretroos skuldvry kan ...
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...