Nutriënt-tekorte wat keer dat jy gewig verloor

Nutriënt-tekorte wat keer dat jy gewig verloor

Voedingstowwe speel ’n belangrike rol in ons metaboliese prosesse – van hormoonregulering tot energieverbranding. Maar kan tekorte my vet maak?

Sonder die noodsaaklike vitamiene en minerale kan jou liggaam nie doeltreffend funksioneer nie. ’n Tekort aan veral yster, vitamien D en magnesium kan ongeag ’n streng oefen- en eetplan, jou gewigsverlies lelik in die wiele ry.

’n Gebrek aan yster, oftewel bloedarmoede, kan jou nie net moeg, emosioneel en depressief laat voel nie, maar dit dra ook by tot “cravings”. ’n Ystertekort word moeilik sonder medikasie herstel. Jy kan ook die probleem hanteer deur reg te eet. Maer vleis en lewer is van die beste natuurlike bronne van yster.

Vitamien D is belangrik vir gesonde bene en jou algemene gesondheid. Dit beïnvloed verskeie metaboliese prosesse. Hoewel sommige voedselsoorte vitamien D bevat, is dit nie genoeg om die tekort te herstel nie. Sonblootstelling is ’n beter opsie, terwyl ’n aanvulling vinniger resultate sal lewer.

Magnesium is nodig vir meer as 600 prosesse in jou liggaam. ’n Tekort kan veral jou gemoed en slaapgehalte affekteer. Dit speel ook ’n rol in die proses wat insulien aan die sel ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die Slender Wonder-program kan jou help om gewig te verloor en jou algehele gesondheid te verbeter. Met kundige ondersteuning en ’n holistiese benadering kan jy ...

Mindful eating behels die bewustheid van wat en hoekom jy op ’n gegewe tyd eet, sonder om die rede of emosie te oordeel. Daar is ...

Scroll to Top