Mites wat jou huwelik kan verwoes
- Gelukkig getroud
- Verwerk uit: 7 Marriage Myths
Jy het geglo julle verhouding gaan vir ewig maanskyn en rose wees. Dit is ontnugterend om uit te vind die mites wat jy oor die huwelik geglo het, is nie altyd waar nie.
As iemand oor en oor dieselfde ding vir jou sê, begin jy dit later glo en daarvolgens optree. Dis ook hoe ’n mite werk. Dis ’n manier van dink en doen wat so by jou ingeprent is dat jy dit as die waarheid aanvaar.
Dit gebeur ook in jou huwelik. As jy glo dat konflik die einde van ’n huwelik beteken, sal jy elke keer as jy en jou man vassit, dink dis verby.
Voorkom dat ongegronde opvattings jou huwelik bedreig. Wees bewus daarvan en verander jou manier van dink. Hier is van die mites waarvoor jy versigtig moet wees.
Konflik beteken my huwelik is tot mislukking gedoem
Niemand hou van konflik nie, veral nie met die persoon die naaste aan jou nie. As struweling in ’n negatiewe patroon verval, baklei julle later sommer oor nietighede. Dit raak moeilik om ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Konflik is nie noodwendig sleg nie, trouens, dit kan julle verhouding laat verdiep. Dis egter belangrik om by die reëls te hou wanneer julle verskil. ...
Sien jy jouself deesdae net as ma, huishoudster of gasvrou? Kom geleidelik uit jou groef en word weer jou man se minnares! Maak hom bewus ...