Lucia Dramat [Oudio+Video]

Moenie bang wees om opgewonde te raak 

Soms is ons so bang om seer te kry dat ons liewer nie te opgewonde raak nie. En só loop ons soveel vreugdes in die lewe mis. 

Daar word soms ’n bietjie negatiwiteit aan opwinding gekoppel. Maar hoe is dit moontlik? Opwinding wil ’n mens dan laat ontplof van vreugde!

Dink ’n bietjie terug aan jou kinderjare, die aand voordat jy die eerste keer skool toe moes gaan. “Ma, ek kan nie slaap nie,” het jy geroep. En Ma antwoord: “Jy is te opgewonde, jy moet kalm word en probeer slaap.”

Selfs al is opwinding hierdie groot, positiewe vreugdevolle ding, kies baie mense om nie te opgewonde te raak nie, omdat hulle bang is hulle kry nog seerder as hulle dalk teleurgestel word. Ons moet ons denke oor opwinding verander! Opwinding is die ding wat die vuur van die lewe aanblaas.

Jy sal soms teleur gestel word. Maar kies jy dan eerder om bang en bekommerd te bly tot die oomblik wat jy (dalk) teleurgestel word? Óf kies jy om goed te voel en die lewe te geniet tot die oomblik wat jy (dalk) teleurgestel word?

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!