[VIDEO] Is water regtig vir ons belangrik?

Almal is dit eens oor die belangrikheid van water vir ons gesondheid. Presies hoeveel water ons moet inneem, verskil van mens tot mens. Let daarom op jou liggaam se tekens, so sê ons Nuwe Jy-mentor, Minette Visser.

Sommige mense sê agt glase, Harvard sê vier tot ses glase water en ander sê weer tot 2,7 liter water ’n dag vir vroue – insluitend jou kos.

Ons neem ongeveer 20% van ons water in deur die kos wat ons eet. Dit is nou as ons dieet vrugte en groente insluit. Maar hoeveel water moet ons drink?

Die antwoord begin by bio-individualiteit. Almal is anders, almal se omstandighede is anders. Daarom het elke persoon nie dieselfde hoeveelheid water nodig nie. Net soos wat elke liewe persoon nie dieselfde dieet of oefenprogram kan volg nie.

Elke dag is ook anders. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons na ons liggame luister. Ons moet daarop let wanneer ons dors is.

As jy weer gereeld in die nag moet opstaan om badkamer toe te gaan, drink jy dalk te veel water laatmiddag of vroegaand.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Aletté Winckler

Of jy getroud, enkellopend, ’n tuisbly-ma of beroepsvrou is, jy sal geïnspireer word deur die tydlose wysheid van die Spreukevrou Die Spreukevrou is net ’n ...

Mia Slabbert

MIA SLABBERT is ’n gesoute joernalis, ma, sakevrou en aanbieder van Grootplaas. Sy het op haar lewenspad geleer om haar eie waarde te besef. Ek ...

Jan Bloukaas

“Ek is hier gesit vir ‘n doel, ek haal nog asem, ek het nog iets om te doen. Ek raak definitief moedeloos op tye, maar ...

Scroll to Top